NewsNews

Gwenith se sang en drama-droom bewaarheid

Gwenith se sang en drama-droom bewaarheid

 

 

Die 18-jarige Gwenith Ashley Rushmer van Parys is een stap nader om haar droom om sangeres, liedjieskrywer en aktrise te word, te bewaarheid.
Gwenith is uit tientalle talentvolle jongmense deur ABS Produksies gekies om in ‘n reeks kortfilms te speel saam met bekende akteurs. Terselfdertyd kry sy ook die geleentheid vir professionele afrigting in beide sang en drama deur van die beste kunstenaars en akteurs in die land. Dit word moontlik gemaak deur AB Produksies in samewerking met KykNet NOU en Via. Die oudisies is op 24 Julie in Parys gehou. Gwenith vertel dat sy van kleins af ‘n liefde vir sang en drama gehad het, en bowenal uit ‘n musikale en kunstige familie kom. Maar dit was ook haar hoërskool kunsjuffrou se aanmoediging om haar talent te ontwikkel en die geleentheid wat sy gehad het om in skoolkore te sing, wat haar laat vashou het aan haar drome.
Só kon sy onlangs inskryf as student van die bekende tenoor Stefan Louw.
Met die groot eer wat haar nou te beurt geval het, kry sy vier maande se drama-afrigting by akteurs soos Albert Maritz, Desiré Gardner, Izak Davel en Viljé Maritz, asook ‘n jaarlange aanlyn sangafrigtingskursus by verskeie sangers.
Gwenith is ‘n oudleerder van Hoërskool Parys en deesdae verdien sy ‘n inkomste uit grafiese ontwerp.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button