News

Sterrekyk-naweek op Deelfontein

    Die maandelikse sterrekyk-geleenthede op Deelfontein is in Julie deur Covid in die wiele gery, maar komende naweek 7-8 Augustus, vind die aanbiedings op Saterdagaand en Sondagaand om 19:00 plaas. Die warmer weer maak rondstaan in die winterkoue ook meer draaglik. Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die …

 

 

Die maandelikse sterrekyk-geleenthede op Deelfontein is in Julie deur Covid in die wiele gery, maar komende naweek 7-8 Augustus, vind die aanbiedings op Saterdagaand en Sondagaand om 19:00 plaas. Die warmer weer maak rondstaan in die winterkoue ook meer draaglik. Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring. Die uitstappie word soos gewoonlik deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika gelei. Kom voorbereid vir die koue met warm klere, skoene, en `n mus. Padaanwysings na Deelfontein en die koste is op www.deelfontein.co.za beskibaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za as jy wil bywoon.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button