NewsNews

Ambulanspersoneel ontferm hulle oor beseerde Pitbull

Ambulanspersoneel ontferm hulle oor beseerde Pitbull

   

Paramedici van Netcare 911 het verlede week ook tot die redding gekom van ‘n volwasse Pitbull-kruis tefie wat op die N14 raakgery is. Ambulanspersoneel het die hond langs die pad sien lê en by haar gestop. Sonder om twee keer te dink het die personeel hulle oor haar ontferm, en is ‘n beskikbare ambulans en Netcare 911 gepesialiseerde reddingseenheid uitgestuur wat binne minute op die toneel was. Terwyl die hond gemaklik bgemaak is, is ‘n plaaslike veearts gekontak wat op die ambulans gewag het sodat daar op die hond geopereer kon word. Ten spyte van die groot spanpoging om haar lewe te probeer red, is die tefie oorlede.  

 

 

 

   

 

 

Photo’s: Netcare 911

Netcare 911 het in sy verklaring dankie gesê aan die ambulanspersoneel wat ook op hierdie manier weer gewys het dat alle lewe kosbaar is – ook dié van die mens se beste vriend. Spesiale dank aan Fourways Vet Hospital.  

     

Related Articles

Back to top button