News

Polisie gevra om nouer saam te werk met burgerlike veiligheidstrukture

Polisie gevra om nouer saam te werk met burgerlike veiligheidstrukture

Die VF Plus het  tydens ‘n oorsigbesoek aan Sebokeng in Gauteng die belangrikheid van gemeenskappolisiëringforums benadruk en die Gautengse polisie aangemoedig om nouer saam te werk met burgerlike veiligheidstrukture.

 

SEBOKENG. – Die gemeenskap-veiligheidsportefeuljekomitee van die Gautengse wetgewer het in Sebokeng vergader waartydens die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, ‘n oorsigverslag oor die onlangse onluste en plundery in provinsie gelewer het.

Die VF Plus is van mening dat sonder die samewerking van private sekuriteitsmaatskappye en burgerlike veiligheidstrukture, die Gautengse polisie onder verdere druk sou verkeer het om onluste in die provinsie in bedwang te bring.

Die party het ook reeds in die verlede die polisiekommissaris gewaarsku om polisielede beter toe te rus en op te lei om burgerlike anargie te bekamp.

Tydens die onluste is 26 polisielede, 13 Ekurhuleni- (waarvan een dood is), 14 Johannesburg-metropolisielede en een metropolisielid van Tshwane beseer.

Die polisie se ‘Reclaim the loot’-operasie in Gauteng het die volgende vermoedelik gesteelde items teruggevind:

Elektriese ware (stowe, yskaste, vrieskaste ens.): 1 889

Ander items ( meubels, gereedskap, boumateriaal): 3 096

Voertuie, motorfietse en onderdele: 290

Kontant: R187 985

Drank: 12 500 liter

Vinnige en doeltreffende samewerking tussen alle veiligheidsektore is van uiterste belang om toekomstige onluste en plundery af te weer en seker te maak dat landsburgers beskerm word.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die polisiekommissaris plaas om voorkomend op te tree en nie soos met die onlangse onluste onkant betrap te word nie.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button