News

Byna 100 lewens met 30 eenhede gered

Byna 100 lewens met 30 eenhede gered

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het vandeesweek die AGS Kerk van Schonkenville, en die Schonkenville-gemeenskap bedank vir hul bloedskenkings en ondersteuning met die eerste bloedskenkkliniek in Schonkenville wat op Saterdag 24 Julie gehou is. Dertig eenhede bloed is ingesamel wat byna 100 lewens kan red. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 4 500 eenhede bloed per dag.

Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput. Daarom word die publiek gevra om die Bloeddiens te help om ‘n bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun. Alle bloedgroepe is belangrik vir die Bloeddiens, maar is daar veral ‘n groot behoefte aan spesifiek die O-bloedgroep omdat hierdie bloedgroep versoenbaar is met al die ander bloedgroepe. Die Bloeddiens vra dat alle skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, asseblief sal skenk. Die Bloeddiens volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker.

Die minimum vereistes om ‘n bloedskenker te wees, is:

• Dat jy tussen die ouderdom van 16-75 jaar sal wees

• Meer as 50kg weeg • Goeie gesondheid geniet

• Leef ‘n veilige seksuele leefstyl. 

Vir meer inligting, besoek die Bloeddiens by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button