NewsNews

Gevalle neem weer toe na afwaartse draai

Gevalle neem weer toe na afwaartse draai

“Die getal positiewe Covid-19 gevalle in Parys vir die week geëindig 25 Julie, het weer toegeneem en het op 98 gevalle te staan gekom. Die toename volg nadat die vorige week se gevalle belowende tekens begin toon het dat ‘n draaipunt vir die dorp se gevalle bereik is.”

 

So sê Karin Grobler wat ‘n meestersgraad in bedryfswiskunde en informatika het. Uit die data wat deur die departement gesondheid vir die week beskikbaar gestel is, het Karin die gevolgtrekking gemaak dat die onlangse week se positiewe gevalle die derde hoogste was sedert die uitbreking van die derde golf van die pandemie. Gevalle in die res van die Ngwathe dorpe is week op week redelik stabiel met 93 en 94 onderskeidelik.

 

Al vier die dorpe het redelik baie gevalle aangeteken vir hulle onderskeie groottes. Heilbron het net soos Parys hulle derde hoogste aantal gehad met 43, Koppies, Edenville en Vredefort het hulle tweede hoogste aantal gehad met 26, 9 en 16 onderskeidelik.

 

Die sewedagse rollende gemiddeld vir Parys het ook weer eens opwaarts gedraai na die afwaartse beweging in die vorige week, sê Karin.  

 

 

Bo: Op die grafiek wat deur Karin Grobler saamgestel is kan duidelik gesien word hoe die aantal nuwe Covid-gevalle vir Parys ‘n afwaartse draai geneem het, maar verlede week weer geklim het.

 

     

 

Die grafiek saamgestel deur Karin Grobler bring die daaglikse syfers vir die Ngwathe dorpe in perspektief.   Só lyk vandag se syfers:    

 

 

 

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button