NewsNews

Geliefde oud-adjunkhoof oorlede

Geliefde oud-adjunkhoof oorlede

Mnr. Van Coller Gelderblom, ’n baie geliefde oudonderwyser en adjunkhoof van Parys Primêre skool is Sondag 25 Julie in die ouderdom van 83 jaar oorlede.
Hoewel hy hart- en longprobleme gehad het, het hy aan Covid-19 komplikasies gesterf. Hy is verlede week per ambulans na die hospitaal geneem en was net sowat ’n week lank siek.
Sy seun, Andries, is ook steeds in die Parys Distriks-hospitaal met Covid.
Talle oudleerlinge van mnr. Gelderblom het vandeesweek vertel watter groot invloed hy op hul lewens gehad het. Sy innemende geaardheid en ongelooflike onderwyser wat hy was met sy besondere liefde vir geskiedenis, het ’n blywende indruk op leerders gemaak in die wetenskap, geskiedenis en kunsklas.
Hy was ook later jare saam met mnr. Neels Beneke adjunkhoof van die skool, en is sy kunstige hand in talle dekor gesien wat gemaak is vir die skool.
Ook op die rugbyveld was hy meer as net ’n afrigter.
Hy het hier begin skoolhou in 1960, en drie jaar later het sy vrou, Anneline, ook hier ’n pos aanvaar as rou Engelse onderwyser uit Clocolan. Die egpaar was 53 jaar getroud, en was hy ’n wonderlike eggenoot vir haar.
Hulle het na hul aftrede aangebly in die dorp in hul huis in President Krugerlaan. Hoewel hy vroeër moes aftree weens melanoom, het hy nooit belangstelling in die skool verloor nie, en selfs die skool se geskiedenis nagevors.
Hoewel hy met sy meestersgraad in geskiedenis na sy aftrede begin het, kon hy weens omstandighede nie sy studies voltooi nie. Hy was ’n akademikus deur en deur. Lief vir houtwerk, en geliefd onder elkeen met wie sy paaie gekruis het.
Parys Primêr en die gemeenskap van Parys waar talle van sy oudleerders steeds is, sal hierdie innemende man oneindig mis met die diep voetspore wat hy in harte getrap het.

 

 

Related Articles

Back to top button