NewsNews

‘n Maaltyd van hoop in ‘n bottel

‘n Maaltyd van hoop in ‘n bottel

 

 

“Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie – veral as dit vir jou moontlik is om te doen.” Die teksvers uit Spreuke 3:27 was die inspirasie vir Harte vir Parys – ‘n plaaslike organisasie wat deur drie inwoners begin is wat ‘n droom gehad het om ander in nood te help. Toe Jolene Redelinghuys, ‘n persoonlike assistent van beroep wat ook skydive (valskermspring) as stokperdjie doen, en haar man Pieter, ‘n prokureur, twee jaar gelede na Parys verhuis het, wou hulle nie net behoeftige kinders, gesinne, mense, skole en instansies bystaan waar daar voedsel sou nodig wees nie. Hulle wou ook hoop bring in mense se lewens – veral in tye van nood. Drie weke gelede kon Harte vir Parys hul eerste projek, “Jars of Hope” loods, waarmee bottels volgemaak is met bestanddele waarmee mense in nood ‘n maaltyd sou kon maak.  

 

     

 

In die bottels is ‘n pakkie soppoeier, ‘n blokkie aftreksel, ‘n koppie rys, 1/2 koppie soja maalvleis, ‘n halwe koppie lensies en ‘n halwe koppie sopmengsel. Al die bestanddele kan dan in ‘n pot gegooi word saam met drie liter water en gekook word tot die bestanddele gaar is. Die sop/bredie kan tot vyf mense met een enkele bottel van hoop voed. Die gemeenskap se reaksie was oorweldigend met harte wat oop was vir die nood van ander.

 

Harte vir Parys sê dankie vir elkeen wat bygedra het, op watter manier ook al, asook vir die onbaatsugtige hulp en bystand van Angelique van Alphen Kleynhans en Chané Grimbeek. As jy betrokke wil raak by Harte vir Parys of enige skenking wil maak, of selfs weet van gesinne, kinders of individue in nood. skakel Jolene by 079 130 5208. Harte vir Parys is tans besig om te registreer as nie-winsgewende organisasie en jy kan hulle ook op Facebook volg.    

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button