NewsNews

Mense trotseer al vroegdag die koue vir inenting

Mense het van vroeg vanoggend  al tou gestaan by Parys Distrik-hospitaal vir hul Covid-19 inenting. Vandag kon 204 mense hier hul inenting ontvang.     Dinsdag is 120 mense by die hospitaal inge-ent en die vorige week 48 mense toe die vaksineringslokaal vir die eerste keer ook inenting vir die publiek gedoen het. Die afgelope …

Mense het van vroeg vanoggend  al tou gestaan by Parys Distrik-hospitaal vir hul Covid-19 inenting. Vandag kon 204 mense hier hul inenting ontvang.  

Mense het al van vroeg vanoggend tou gestaan by die Parys Distrik Hospitaal om hul inenting teen COvid-19 te kry. Foto: Verskaf

  Dinsdag is 120 mense by die hospitaal inge-ent en die vorige week 48 mense toe die vaksineringslokaal vir die eerste keer ook inenting vir die publiek gedoen het. Die afgelope week was daar baie komplimente vir die vriendelike en professionele diens van gesondheidswerkers by die hospitaal en is geen moeite ook vanoggend ontsien om ‘n dame van Vredefort, Maria Posthumus wat met ‘n rolstoel oor die weg kom, te help om haar tweede vaksineringsdosis in die parkeerarea in die motor te kry.    

Suster Tuge het geen moeite ontsien om Maria Posthumus wat met ‘n rolstoel oor die weg kom, te help om in die motor haar tweede dosering van die Pfizer entstof te kon kry.. Foto Verskaf

    Daar sal voortaan elke Dinsdag en Donerdag by die hospitaal Covid-19 inentings gedoen word. Onthou as jy vooraf kan registreer sal dit jou baie tyd spaar, maar jy sal ook by die inentingslokaal gehelp word om te registreer as jy nie vooraf kon nie. As jy wel geregistreer het en nie ‘n SMS ontvang het nie, is jy ook welkom om te kom. Bring net jou ID saam en jou inentingskaart as jy reeds jou eerste dosis vaksine ontvang het. Hou asseblief in gedagte dat jy nie vroeër kan gaan vir jou tweede dosis vaksine nie. As jy’ ‘n dag of wat laat is vir jou tweede dosering, is dit steeds in die haak – die belangrikste is om nie die tweede dosering te mis nie.  

 

     

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button