NewsNews

Brood vir hulle in nood

Brood vir hulle in nood

  Wanneer dit winter is, is jy mos ekstra honger. Veral saans wanneer dit koud en donker is. Ons hoef nie Hillbrow toe te gaan om hongerte en ellende te sien nie. In Parys, soos in baie ander dorpe, is daar soveel mense wat regtig swaarkry. Hoe bitter moet dit nie wees om ‘n kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt? Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie ‘n paar jaar gelede die Broodjiedag-projek begin het.

 

Op hierdie dag word daar gepoog om sover moontlik ‘n brood te voorsien in elke huis in Parys waar daar nood is. Vanjaar is Broodjiedag op 29 en 30 Julie, maar anders as vorige jare is baie wat vroeër ’n bydrae gegee het, self nie meer instaat om te gee nie. Besighede trek swaar, maar ek en jy kan ten spyte van uitdagende tye ‘n verskil maak. Dalk het jy net een ekstra brood, broodrolletjies of ‘n paar toebroodjies wat jy kan gee vir iemand in nood vir wie dit werklik ‘n verskil maak. Jy kan jou bydrae afgee by die VVA-kantoor in Buitenstraat, Parys, of skakel die VVA-kantoor by (056) 811 2971 om te reël dat die brood by jou afgehaal word.

Nie een enkele brood sal verlore gaan nie, maar word versprei na hulle wat nood het. Of dit een brood of tien brode is – elke bydrae maak ‘n verskil Die projek kan net slaag met die gemeenskap se ondersteuning. Kom ons help hulle wat minder het as ons.    

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button