News

Lieb Bester sterf

Die veteraanakteur Lieb Bester is vanoggend, Woensdag 21 Julie, in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Baie Parysenaars sal nog sy kuier in die dorp einde 2020 goed onthou tydens die saamstel van die program oor Parys vir KykNet se Met ‘n Huppel in die stap”.  Lieb was een van die veldaanbieders van die program. …

Die veteraanakteur Lieb Bester is vanoggend, Woensdag 21 Julie, in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Baie Parysenaars sal nog sy kuier in die dorp einde 2020 goed onthou tydens die saamstel van die program oor Parys vir KykNet se Met ‘n Huppel in die stap”.  Lieb was een van die veldaanbieders van die program. Lieb het die afgelope tyd met sy gesondheid gesukkel nadat hy ook Covid-19 gehad het en was ook vroeër vandeesmaand gehospitaliseer.

Hy het egter herstel en tuis aangesterk, maar daar was skade aan sy organe.

Lieb sal onthou word as besonder talentvolle akteur in verskeie rolprente, maar ook in die sepie Villa Rosa as prof Fritz, en reekse soos Agter elke man en Spoorloos. Hy was ook baie musikaal en kon konsertina, trekklavier en kitaal speel. Ons innige medelye met sy familie, vriende en kollegas met wie hy saamgewerk het.  

 

Related Articles

Back to top button