News

Spaar met kragverbruik in die koue, pleit Eskom

  Die groot koue kom later die week, sê die weerdiens, maar met die koue op pad het Eskom alreeds begin waarsku oor beurtkrag. Die kragreus het in sy verklaring gesê dat die koue kan lei tot kragonderbrekings in die Wes- en Oos-Kaap. Maar voor jy té gemaklik raak voor die verwarmer – dit kan …

 

Die groot koue kom later die week, sê die weerdiens, maar met die koue op pad het Eskom alreeds begin waarsku oor beurtkrag.

Die kragreus het in sy verklaring gesê dat die koue kan lei tot kragonderbrekings in die Wes- en Oos-Kaap. Maar voor jy té gemaklik raak voor die verwarmer – dit kan jou ook raak.

Eskom sê dat nasionale beurtkrag dalk weer ons voorland kan wees omdat meer krag verbruik word tydens koue weer soos nou weer gevoel word. Die toename in verbruik sal groot druk op die kragnetwerk plaas en hoewel beurtkrag nog nie vir vandag, Dinsdag 20 Julie, voorsien word nie, mag die situasie dalk later in die week verander.

Eskom het by verbruikers gepleit om kragverbruik waar mooontlik te beperk om die moontlikheid vir beurtkrag te probeer vermy.

 

 

Related Articles

Back to top button