NewsNews

Huldeblyk: Henna Badenhorst

Huldeblyk: Henna Badenhorst

‘n Geliefde en bekende inwoner van Parys, mev Henna Badenhorst, is op Donderdag 15 Julie in die Parys Distrik-hospitaal oorlede. Mev. Badenhorst is op 5 Mei 1932 in Germiston as die jongste van drie dogters gebore, en het na skool ‘n Sekretariele Kollege Diploma verwerf. Sy verhuis teen ongeveer 1958 na Parys met haar dogter Jenny, en word 13 jaar later nog ‘n dogter, Brenda, ryker.

Sy het onder andere by die Riviera Hotel gewerk as bestuurder, haar eie haarsalon bestuur, en is later by die destydse Saambou Bank aangestel. Sy het daarna verskeie ander poste met vernuf beklee.

 

Henna Badenhorst

  Vir haar vriende was sy ’n lojale vriendin en stylvolle vrou wat jy altyd deur ‘n ring kon trek. Sy was ‘n diep gelowige mens wat elke aand vir haar familie en vriende by die naam gebid het. Iemand wat baie na aan haar Skepper geleef het.

Sy laat ‘n groot leemte met talle mooi herineringe vir almal wat haar liefgehad het Henna word oorleef deur haar 2 dogters, Brenda Maloney en Jenny Joynt asook 4 kleinkinders en 4 agterkleinkinders.

Die familie sê dankie aan die verpleegpersoneel van Parys Hospitaal vir hul onbaatsugtige en liefdevolle sorg.    

   

 

 

Related Articles

Back to top button