NewsNews

Polisie hou steeds ‘n wakende oog

Lede van die polisie se Openbare Orde eenhede in die Vrystaat hou steeds ‘n wakende oog in Parys en was daar weer vandag duidelike polisie teenwoordigheid ook in die sentrale sakekern. Hierdie is bloot as voorkomende maatreël en is die situasie in en om Parys  steeds kalm. Onthou jy kan help deur jou te weerhou …

Lede van die polisie se Openbare Orde eenhede in die Vrystaat hou steeds ‘n wakende oog in Parys en was daar weer vandag duidelike polisie teenwoordigheid ook in die sentrale sakekern.

Hierdie is bloot as voorkomende maatreël en is die situasie in en om Parys  steeds kalm.

Onthou jy kan help deur jou te weerhou daarvan  om sommer enige boodskappe, video’s en stemnotas te versprei op allerlei groepe wat onnodige paniek saai terwyl mense reeds vreesbevange en onseker is. Baie van hierdie boodskappe hoe betroubaar dit ookal mag lyk is nie geverifieerde inligting nie en moet jy eerder seker maak van die oorspronklike bron daarvan.

Kyk eerder na betroubare nuusbronne vir inligting en onthou daar is noodgroepe in plek wat wel boodskappe op ‘n verantwoordelike manier sal deel sou dit nodig wees. Onthou ook dat vir die polisie om allerlei vals inligting op te volg, mors kosbare tyd.

Dankie aan elke polisielid, ons veiligheidsdienste en buurtwaglede wat lang ure in baie koue diens doen.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button