NewsNews

Los maar die kanne sê minister

      As jy gedink het jy gaan kanne vol diesel en petrol maak om voorsiening te maak sou daar brandstoftekorte wees, moet jy van dié planne afsien. Mense is ernstig gemaan om te waak teen paniekaankope ook by vulstasies. Daarom sal dit voortaan onwettig wees om petrol en diesel in ‘n houer te …

   

 

As jy gedink het jy gaan kanne vol diesel en petrol maak om voorsiening te maak sou daar brandstoftekorte wees, moet jy van dié planne afsien.

Mense is ernstig gemaan om te waak teen paniekaankope ook by vulstasies. Daarom sal dit voortaan onwettig wees om petrol en diesel in ‘n houer te verkoop.

Maar hoe gemaak as jy brandstof vir jou noodkragopwekker wil koop of vir jou grassnyer, is nie seker nie en sal net tyd moet leer wanneer die aankondiging in die staatskoerant gepubliseer word. 

Hoewel die mnister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, vandag 15 Julie die aankondiging gemaak het, sal dit eers van krag wees vir alle vulstasies landwyd wanneer die regulasie gepubliseer is in die staatskoerant. 

Die minister  se aankondiging is daarop gemik om mense te stuit wat vulstasies nou oorval met paniekaankope. 

Terselfdertyd is ook weer gevra dat mense sal waak ook teen paniek kosaankope. Kruidenierswinkels in Parys het gister gesê dat hulle nog genoeg voorraad het en dat daar nie rede tot paniek is nie. Onthou hoe meer jy koop om op te gaar, hoe moeiliker maak jy dit vir iemand anders wat dalk nie die vermoë het om trollie vir trollie kruideniersware te gaan koop nie.

Daar is druk in verskeie sektore en deur net jou kant te bring, jou te weerhou van paniek en nie boodskappe rond te stuur op sosiale media wat verdere paniek saai nie, kan jy alreeds ‘n groot verskil maak in baie moeilike en uitdagende tye.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button