![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/07/IMAGE2-780x470-1.jpg)
Vereeniging se mense sal nie toelaat dat plundery in die middestad voorkom nie.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2021/07/IMAGE2-780x470.jpg)
Lede van die gemeenskap, taxi-organisasies, GPF, patroleerders en sekuriteitsfirma’s het vroeër vanoggend in Vereeniging se middestad byeengekom om die boodskap uit te stuur dat plundery nie in Vereeniging toegelaat sal word nie.
Gewapen met paintball-gewere, sambokke, grawe, stokke en gewere het die lede van die gemeenskap op die hoek van Voortrekkerstraat en Marklaan (voor Mark Park) byeengekom om die boodskap helder en duidelik uit te stuur.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2021/07/IMAGE4-520x346.jpg)