NewsNews

Asseblief moenie paniek saai nie!

Weerhou jou van die rondstuur van nie geverifieerde inligting

Die polisie doen ‘n baie ernstige beroep op die gemeenskap om asseblief geen boodskappe rond te stuur op enige sosiale media platforms wat onnodige paniek onder mense veroorsaak, veral as dit nie betrekking het op jou gemeenskap nie.

Moenie boodskappe wat jy van groepe af kry of video’s en stemnota’s rondstuur waarvan jy nie die oorsprong geverifieer het nie. Baie van hierdie boodskappe hoewel dit oënskynlik van betroubare bronne kom, is nie geverifieer nie. 

Mense is vreesbevange en doen sulke boodskappe groot skade.

Sou daar enige nood waarskuwings wees sal die polisie dit deurgee en sal dit op betroubare nuusbronne en buurtwaggroepe betyds gekommunikeer word. Jy het nie nodig om mense te waarsku nie. Daar is noodgroepe in plek wat hierdie funksie verrig.

Tans doen daar weer ‘n  gerug die rondte dat daar ‘n groep na Parys onderweg is. Dit is onwaar en die situasie in en om Parys is tans kalm met geen voorvalle nie. Paaie in en om Parys is ook oop en hoewel die R59 baie besig is, is bevestiging van die polisie gekry dat die R59 vanaf die N1 tot by Vredefort oop is en geen voorvalle van geweld is gerapporteer nie.

So ook die N1 in die omgewing van die N1 Truck Stop en nader na die Kroonvaal-tolhek. Asseblief hou WhatsApp groepe oop vir slegs nodige kommunikasie.

       

Related Articles

Back to top button