NewsNews

Laaste groet vir oudverkeersman en troue vriend

  Johan Maloney was ’n ‘what you see is what you get’ mens. Hy was nie een vir uitstel nie. Iemand wat vir ander sou doen wat hy kon sonder om iets terug te verwag. Hy het geglo dat elkeen ’n plekkie in die son verdien. Maar Donderdag 8 Julie was sy plekkie leeg. J …

 

Johan Maloney was ’n ‘what you see is what you get’ mens. Hy was nie een vir uitstel nie. Iemand wat vir ander sou doen wat hy kon sonder om iets terug te verwag. Hy het geglo dat elkeen ’n plekkie in die son verdien. Maar Donderdag 8 Julie was sy plekkie leeg. J

ohan is ná ’n lang siekbed in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Hy is destyds in Natal gebore en het in Taung, en Bloemfontein grootgeword.

Hy het ’n lang loopbaan van 35 jaar as verkeersbeampte gehad, en het aanvanklik in Bloemfontein en Dealesville gewerk, voordat hy hom in 1985 in Parys gevestig het. In 2006 tree hy uit met vroeë pensioen en begin sy eie onderneming, Japtrap Dienste, wat hy tot November 2020 bedryf het.

Sy gesondheid het hom egter gedwing om toe die tuig neer te lê en die besigheid te sluit.

Johan was nie net vaardig met sy hande nie, maar was ook besonder lief vir visvang, saam met sy boesemvriend van 24 jaar, JB Bezuidenhout.

Hy sal met liefdevolle herinnering onthou word deur sy vrou, Brenda, seun Brendan, dogter Elize, drie kleinkinders en ’n agterkleinkind.  

Related Articles

Back to top button