NewsNews

“Ek gaan huistoe! Gesond! Dankbaar! Nederig op my kniëe, vir die res van my lewe.”

My storie is nie oor Covid nie - geen prys sal dit kry nie

Ek het in die stilte van pyn en onsekerheid besluit vir myself, om neer te pen hoe ek voel en hoe ek my journey begin. The good, the bad and the ugly. My storie is nie oor Covid nie – geen prys sal dit kry nie. My eer en lofsang gaan na Jesus en elke persoon wat in geloof vir my en my familie gestaan het – You are the true heroes. Ek glo in my hart die Covid verkoue strain is deel van die verkoue familie. Great family tree by the way. Ek is ’n ferm supporter van ivermectin (give credit where credit is due). The good Die krag van gebed. Bid, bid, bid, bid en nogmaals BID. Ek kon die gebede voel. Dankie vir elkeen wat so getrou bid. The bad Ek het Maandag en Dinsdag verkoue. Dokter sê dat my longe sterk is. Ons toets vir covid – die een in die keel. Na een lang Maandag by die dokter het ons meds en ons huis is in lockdown. Nie die skole nie. Ek funksioneer normaal en doen alles wat ek kan, hou maar die afstand tussen mekaar. Girls lag en speel lekker. Donderdag oggend 1:27 ,vemoed ek, hoes ek so en besef my asem is klaar. Ek gaan lê by die af tv, probeer vir my non-anxious persona sê “Relax Smuts”. Lippe blou, die kleur om my oë is baie wit en ek haal vlak asem. Casper skrik so groot toe hy my in die badkamer sien. Al wat ek kan sê is ek’t niks asem nie. Wonder steeds wat deur sy kop gegaan het. Op en af, meds in. Ek nebulise en dank die Here ek kan asem haal. Dis anders, maar hey beggers can’t be choosers. Eet min… huil meer. Roep die Here (countless times). Cassie slaap by die girls en die kamer is myne. Vrydag- asemhaling is moeiliker. Jan en Susan hou my sane. Ons bel en kry meds en suurstof. Ek wil nie hospitaal toe nie!

I CAN do this at home. Eet weer net ‘n piesang, drink my warm suurlemoen water. Sê vir almal ek is okay… Cassie sien ek huil. Die girls weet mamma is net siek. “I love you mam”, weergalm my huis. My suurstof vlakke is 80. Ekt ’n kopseer al vir 2 dae. Almal WhatsApp, en almal wil help. Dis amazing. Na die experience vra ek meer vir hulp. Ons bid en ek bid… drink ’n handvol pille- gooi alles op. Teveel vitamiene op een slag. The ugly Suurstof vlakke val na 77. Ek gaan dood gaan, ek gaan my girls sonder ’n ma los. Ek is bang. Ja… Bang… ja ek bid. JA EK WEET God genees. Maar this is real. Ek onthou nou dat die prent van Jesus se kruisiging so duidelik was vir my. Hy’t dit dan klaar oorwin. Casper bring my in na ongevalle. Ek kom net suurstof kry… wonder wat my man moes dink toe hy my hier los. Haal vlak asem ek weet hier is nie ’n bed oop nie. God made a way. Ek’s in ’n kamer en in ‘n saal met vrouens wat saam hoes. En hier hoor ek ons MOET hoes. 1. Sit regop 2. Slaap op jou maag. 3. Ek kies om gesond te wees. Eet kos wat maag toe gaan en nie slym maak nie. Hoes en Hoes… ontmoet die fisio… hemel op aarde, ek kan dieper asem haal. Nog volstoom op die suurstof (ek weet dis verslawend). You have no idea. As jy mild simptome het of glad nie covid gehad het nie is jy lucky.

Wens die vir niemand toe nie. Mense wat die kry, kry dit op ander maniere. Myne is bors en longe toe. Ek probeer sterk wees en ek doen alles wat hulle sê. Hurk op my maag en hoes uit (youtube video) en ek maak ’n water bottel waarin jy met water blaas. (Baie dankie aan die tannie op fb wat dit geshare het). Dis seer. Die fisio is rof. Die hoes is erg. Jy wil diep hoes sodat alles loskom. Deur alles bid ek. Ek ontmoet die Here keer op keer. Daar is soveel kampioene vir wie ek individueel wil noem. They know. God knows who they are. Ek was vandag op my laagste nog. Nowhere to go but up! Die hospitaal staff is amazing. Gods hande wat op die staff rus. Hulle werk hard. Ek is baie vriendelik met hulle. “I appreciate you”. Die ou tannie langs my kry swaar. Sy gaan nog baie in my storie wees. My vriendin sê dat die duiwel stoot jou in die hospitaal in met niks. My netflix werk nie, facebook is stadig. Die slang dink hy gaan wen. Maar hier… waar dit lawaai en dit vrek moeilik is. HIER vat Jesus my hand, soos vele kere tevore en Hy bou my ’n nuwe mens. Hy werk in my deur my eie gebede van mense. Normale mense wat bid. Jesaja 43: Ek het jou op jou naam geroep, jy, Joline Smuts is Myne. Casper en die girls is veilig en gesond, dis my silver lining.

Sleepover Day 1

Covid Pinehaven Sleepover Night 1. Gaan so ewe soos ‘n soet dogtertjie op my maag slaap, word 1:00 (daarond wakker) en besef ek het op my sy opgekrul en lê sonder my kombers (Sorry Francois). Hoog deurmekaar, die suurstof uit my neus in my masker en droom van Vadersdag pakkies. My droom en realiteit voel baie dieselfde en ek moet regop sit om myself te oriënteer. Praat toe met Jesus en bid vir my gesin by die huis. Die ou tannie langs my se suurstof blaas volstoom en haar masjien het ’n snaakse peep deuntjie wat heelnag blêr (die masjien sal ek breek – nie die tannie se skuld nie). Lekker hoes sessie gehad en my eie musiek gemaak. Hoes, hoes, hoes… Drink toe water en eet peanuts, nou probeer ek regop sit en slaap. Droom heeltyd daar is susters om my wat pakkies soek, dan sê ek vir myself “no one is there, jy droom” gluur met een oog oop. Jy sien Joline, niemand. 3:45 ma‘am, (Jy’s nie daar nie, sê ek vir myself) en toe ek my een oog oopgluur staan hul hier. JA… wil ek toe weet… “We are here to change your linen”. Kwart voor 4. My beddegoed omruil. Dankie susters.

Die fisio sê die hoes is goed, al is dit droog en ek klink soos ’n hyena wat blêr. My suurstof was darm 90. Ek’s okay. Dis rof om eerlik te wees. En ek is sterk, hier is dames in my kamer wat hoes en dit klink soos ’n bol, bolle slym. Almal op hul eie manier. Ek vertel hulle van Jesus en dat Hy kan heal. En wanneer ek met my twee voete hier uitstap gaan ek opkyk na die hemel en weet. It is done. Hou aan bid. Bid vir almal wat siek is en ons verpleegsters en dokters. Ek lewe, en ek lag lekker in die hospitaal kamer. Ek mis julle. Julle moenie huil nie, Mamma ek weet jy doen. Ek’s regtig okay. Ek gaan Covid se gat skop. Al my liefde. Oja… ek drink baie water. En Rugani wortelsap en swart tee. Ek blaas my water bottel met ’n strooitjie. Die staff is goed vir my. Ek kon nou ’n rukkie slaap…. Op my maag. Het heeltyd geluide gemaak (so what?) Bloed suurstof levels is 96, hoogste nog. Dankie Jesus. Môre almal…

Ward Day 2

Dag twee was rof.. baie baie rof. Die niks slaap en Tannie Gerda se masjien wat so piep piep pong die heel dag in my ore was ’n sensory overload. Hier kyk ek vas in almal se stories en ek sien die tannie kan nie asem kry nie. Niks. Hoes bolle slym uit en steun. En hier crack ek stilletjies en pak my foon weg. Ek voel my bors styf word en ek hoes. Almal is on edge, maar ons smile. Kry ‘n maag inspuiting en meds en ek eet. Super gesond.. alles wat my gesond sal maak. Mis my kinders. Ek probeer sterk wees. Probeer vandag baie hard. Suurstof word beter. My pa bel my met ‘n video call. (Die was die pivotal part van my genesing. Ek weet dit vandag) ek weet ek gaan nie my emosies vir hom kan wegsteek nie… o nee. Wees sterk my kind, fight. Sê hy vir my. Moenie huil nie! Ek’t die sterk woorde nodig gehad en hier is die fisio ook. Klap die longe oop en ek voel soos ’n nuwe mens. Hul skuif Tannie Gerda uit ons kamer uit. “Sterkte, Tannie Gerda, Jesus gaan jou gesond maak” sê ek deur die trane. Ek hoop sy maak dit. Skielik is daar ’n koninklike stilte en vir die eerste keer na die peep peep kan ons almal net asemhaal. Ons voel seer vir die tannie en ons is kalm. We can do this! Beste slaap van my lewe (baie geluide in my slaap gemaak – who cares?) Die seer gevoel in my bors is WEG! Ek voel weer na iets- ’n wenner. Mag die gevoel gaan van krag tot krag. Ons het bietjie sports in ons kamer gehad, onse mede pasiënt het bietjie geswaai van een gordyn divider tot ’n ander divider gordyn, met ’n draai movement karplaks op haar boude beland. Ek was hoflik. Geen giggels nie. Goeie manier om die dag aftesluit… calling God from the floor. Covid Pinehaven

Sleepover Night 2

Vanaand was ons almal moeg, ons kry sommer ‘n “lekker slaap” van al die nurses af en die deur word toegemaak. (Susan sou uitfreak, sy hou nie van ’n toe deur nie). Die rus was goed. Op my maag met my moan geluide. Vitals lyk goed 94, min gehoes. Ek dink die suurstof flous jou om te dink jy wil hoes, die is meer soos ’n haas poep hoesie. Dis weer 1:27 en ek sit bietjie regop. Geen emosies vanaand nie net tyd vir stil wees. Ek’t deur die dag teveel geslaap so my lyf ain’t having no more. Ek wil vandag bietjie meer stap in die kamer en my longe oefen. Die pyn is al baie beter. Ek hoop om nog so 2dae hier te bly, net sodat ek 100% kan wees en van die suurstof af. Ek wil die Joyce Meyer boek lees voordat ek as ’n nuwe warrior prinses die wêreld face. Ooo… maar ek mis my man. My Casper is darm maar die beste. Pas die girls op en is net my hero. Ek mis om hom styf teen my bors vas te druk. Ek mis my kinders. My ouers en skoonouers. Boetie, Elizma, Hunntertjies. Ek mis my vriendinne- ek kon jul gebede voel wat my dra. Dit werk! There is power in the name of Jesus, there is power in the name of Jesus to break every chain, to break every chain, to break every chain… Mag julle God se teenwoordigheid en liefde voel en die Holy Spirit jou guide. My baby is amper 6. Ek is so opgewonde… Nog twee slapies my Laffie. Vandag is Maandag. ’n Nuwe week. Get on your gear ladies and let’s do this. Môre…. Vandag wil ek my suurstof strek. Ek’t vir 30 jaar self asem gehaal en al dink die longetjies hulle wil soos ’n bakvissie hap hap…. I know better. Asem haal sal ons self. Hoor vanoggend dat die een tannie by die ander een gaan nagkruip het en in die verkeerde bed beland het. Imagine that. Sonder suurstof badkamer toe geloop en bietjie die gang op en af (In my kamer). Kweezie, but I am getting there. Dag

Ward Day 3

There are different kinds of people in the world. 1. Leente: Die tannie lê langs my. Aan my linkerkant. Dra haar suurstof en het soveel grace om haar. Sy luister gehoorsaam na die susters. Ek dink sy’s die eerste een wat sal huistoe gaan. Ek hoop ek sien haar weer.

2. Marnel: ’n regte fighter. Ons gesels en lag so lekker saam. Nog een wat hier wil uitloop. Doen alles wat die verpleegsters sê. Neem al haar meds af en drink saam my die fonteine leeg. 3. Die tannie oorkant my -bless her soul. Seker die insulien of die weet ek nie wat nie. Super over the place en onse luister nie so mooi nie. (Die nagkruiper). Haal die suurstof af. Sê vir ons sy gaan nou kos maak. Bel haar dame by die huis en sê: “Ek staan in my kamer, waar is jy? Ek is in my kamer en ek sien jou nie! Gaan kombuis toe en maak kos!” Die tannie entertain my die heeldag. Jesus deel ook in die grappies. Sy gesels – nie aldag seker met wie nie. Staan op en vergeet van al haar drips. Ek luister- ek wil gesond word. So ek vat my tyd en sit regop. En hoes regop. Ek wil gehelp word. Kry allerhande ekstra meds om mee te gorrel. So dis ’n goeie ding. Vandag is ek bly ek is in die hospitaal. Bloedsuurstof levels is 91.

Vandag is ek DANKBAAR. Dankbaar dat ek vir ’n rukkie met my eie asem kan sit en my eie asem blaas. Dankie Jesus. Die suurstof pypie is nog hier. Just for a bit. Ek loop na my badkamer trippie ’n entjie sonder suurstof in die kamer gang- my uitstappie vir die dag. Fantastiese nursing staff. Gods engele! Enige iets met suiker is ’n no go. Water is die beste, spoel alles skoon. Ek’t my energade vreeslik geniet, slukkie vir slukkie. Net vir ’n bietjie kick. Vandag is die hospitaal minder tense. Hul het bleikbaar ambulanse geweier by die hek. Dankie Jesus vir my oop hek in die journey. Vandag provide God vir ons eersteklas grappies wat net iemand in ’n hospitaal bed sal verstaan. Ek giggel saam in Sy sin van humor… I needed this… om weer te lag. Weer saam Jesus te kan lag. Ek sien baie van my tekortkominge raak en ek sien waar ek beter balans in my lewe moet maak. Die alles gebeur terwyl ons fight vir asem. Ekt nou fisio gehad, Dokter was hier, eerste keer in 2dae. Hy sê ek maak hom baie trots, my longe lyk goed, my level is 99. Hy sê hy kan sien ek werk hard. My suurstofmasjien is nou gestel op nommer 2.

Covid Pinehaven Sleepover Day 3

O… it is not over folks! Die aand begin op ‘n high! Buurvrou oorkant my begin weer blêr, en hier rol die masjien in. Presies dieselfde as Tannie Gerda sn. Die bleep boon play pleep en… die dames se gemoed val en dadelik weet ons wat wag. Die beep beep masjien, die heelnag op die pasiënt wat haar suurstof masker afhaal. Ek’s skielik nie meer lus om te eet nie (ek weet, not myself). Ek vra vir ’n naar stropie ek kan voel ek begin bleek word. Ek dink dat ek nogal ’n redelike team player is, maar om na iemand te kyk wat gehelp kan word en eerder eie wys is, maak dit moeilik. Ons pasiënt word deur ’n engel van dag staff na ’n beter sorg eenheid verwys. Dis beter vir haar. Sien Joline, Jesus sê; “wees stil”. Hy weet wat Hy doen. Ons kry twee nuwe inmates deur die nag en ons kry die usual tee en ’n koekie. Verder kon ek slaap. Iewers my neus suurstof uit my gesig uit geslaap, ek het geluide gemaak vir Afrika (my mmm geluidjies). Dankie Jesus ek kon slaap. Dankie dat ek kon wakker word met ’n gemaklike bors en nie eers hoef te hoes nie. Suurstof is 93, alles lyk goed. Die water is verbasend lekkerder ook.

Dag 4: Be Still

Psalm 121: Ek rig my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het….. Besef dis vandag Dag 4. Die nommer “vier” het so ‘n diep betekenis in my lewe al vir baie jare. En om hier tussen my notas te sien, weet ek sommer vandag gaan profound wees. Almal in die saal is kalm, dis ’n veilige kalmte wat heers. Die gevoel na ’n middag slapie. Vandag wil ek nagmaal gebruik. Die intense begeerte in my om my eie spesiale nagmaal te doen. ’n Danksegging, ’n nuwe begin. ’n Troon van hoop dat Jesus met die grootste doel aan die kruis op Golgota gehang het vir MY. Om hier in my swakheid, my sondes kan vergewe en my kan verlos en genees en…. O nee klaar is Hy beslis nie met my nie. I would never want Him to be done, ever. God sê duidelik vir my vandag “Be still” ek kan die mooi prentjie sien op ’n bybel boek. As ek wil praat sê Hy.. Be still…. Vandag het ek die waarde van “Be still” gesien en God wat vir my sê: “I am not done yet!” Ek het geweet dat vandag anders gaan wees. Die dokter wil my nog hou tot my longe 100% is. En in my menswees is ek sad, maar ek weet hy weet beter. Heeltyd sien ek die woorde “Be still”. Die nuwe ou tannie langs my, ai ek ken nie eers haar naam nie. Is so stil. Ek vra haar nogal hoekom sy so stil is want ek is beslis ’n prater. Ek kan goed gesels. Sy lag net en sê dat sy daarvan hou om saam te luister en sy praat min. En sy doen. Tee is warm- kla nie. Kos kom- sy kla nie. Sy is maar ’n stil lieflike 90 jarige tannie. Stil tannie. Ek gaan badkamer toe en stap ’n endjie in die kamer op en af, met my masker verby die tannie, sy lê rustig. Ek klim op my bed, maak skoon en oefen my asemhalings goed. Yes, die fisio is hier. Ek love haar. Ouma reageer nie! In ’n oogwink is die gordyne toe, suurstof gaan hard aan en ek hoor net hande en kenners stroom in. Die span praat in een taal om ouma te stabiliseer en die rooi ICU boks kom. Ek vou my hande saam “Jesus” “Be still” Al wat Jesus vandag vir my sê is “Be still”. Ek kyk waar ek ‘n opening kan sien en luister met my hande gevou na die masjien span wat deur God se almagtige krag die tannie se lewe probeer red. En niks sal ooit weer dieselfde wees nie. God sê dan vir my “I am not done yet!” Ouma is genadiglik gestabiliseer en opad na ICU toe. Ek bid vir jou tannie. Ek bid vir jou familie. Sit in totale bewondering vir die hospitaal personeel wat net inspring en weet. Inspring en doen om deur God se genade ons lewend te hou. En die tannie mag dalk nooit weet hoe hard vreemdes vir haar kom intree het by God nie. Oja vitals… my suurstof masjien is op 1. Ek haal hom vir rukkies af as ek badkamer toe gaan. Bloed suurstof is 91 en ek kry Vitamin C, drips wat freakin brand, Magnesium drips, hul is nog erger. Kortisoon, antibiotika en sulke lekker panado botteltjies – ek vra nie vandag myne nie ek moet van hom af speen. God said to me this day is not done yet. Die sagte blonde haar ouma kon in ’n privaat kamer ingaan met ’n kamer vol haar familie groet. Jesus het haar vandag aan die hand gevat en haar huistoe gelei. “Be still and know that I am God” Rus sag liewe tannie by die voete van Jesus vanaand. Jy’s in Sy hande en jy’t my lewe kom verander.

Sleepover Night 4 Jesus, kan ons asseblief môre huistoe gaan? Die aand was goed vir my, ek weet ek’t bos geluide gemaak en who cares at this point, right? Ek moes iewers op my rug gedraai het (askies Francois) en my suurstof pypie sommer deur my masker gedruk. Die suster vat my vitals en maak seker my suurstof is op. Hul werk so hard aan die nuwe pasiënte wat inkom, want elkeen se paadjie begin van voor af totdat hul uit die ergste is. O en moenie vergeet dat na so strawwe nag van op en af elkeen ’n nuwe stel beddegoed kry nie. Dag 5 Jesus se bruid Vandag… vandag sit ek met oorfone en luister bybel songs van Didi af. Sy’t net die regtes gekies wat ek nodig het. Ek kan in die journey niemand uitsonder nie. Hul elkeen en selfs die wat ek nie ken nie, is groot en deels te dank dat ek hier kan sit en asemhaal. Soveel gebede, ek weet dit het my in die tydperk gedra. Ek kon ’n paar stappies inkry terwyl hul so vroeg beddegoed ruil, wonder wie so heeldag moet staan en stryk… sjoe verseker iemand wat hard werk. Ek’s lus om lipstiffie te dra vandag. Ek wil Jesus se bruid wees. Ek, wil vandag huistoe gaan. Die fantastiese dame oorkant my, is ’n verpleegster. Sy ken alles en hier sit sy ook en neem haar journey.

Wens ek kon ’n rooi tapyt vir haar uitpak. Hier dink ek verdrink die verpleegsters in die wêreld. Ja ons salute hulle en sien die World Nurses Day, maar ons het GEEN idee wat die dames dag in en dag uit face nie. Ek’s nederig op my kniëe van danksegging vir die finominale vrouens. Jesus sê vandag is ek sy bruid. Vandag kan ek dink aan lipstick dra en ek kan ’n sluier oor my gesig sit. Die bruid wil terug na haar man en kinders toe… Deur die laaste paar dae kon ek ’n dieper eenheid met God(die vader), God(die Seun) en die Heilige Gees vorm. Ek kon in elke oomblik aangryp amper soos die regte speserye.. wat nou die beste in die gereg sal wees. My gedagtes was vol. My emosies all over the place en die hele journey het my tot stillstand geroep sodat ek saam met die Almagtige God en Skepper ’n ongelooflike tyd in Sy teenwoordigheid kon spandeer. Ek min ag nie die ongelooflike pyn in my bors of die totale paniek van “ek wil nie dood gaan nie”. God het my daai mostertsaadjie kom bring. Vir my… because He loves me. Ek kan vandag hier sit en sê :”Yes, Jesus loves me he said it to me Himself”. Die oë van ‘n verpleegsters al altyd ’n hoër titel hê as enige ander beroep. Ongelooflike hande wat instaan vir die siek pasiënt. Ek sal nog baie hieroor praat. Dankie vir elkeen wat in hul hart vir my gebid het. Vir my man, my kinders, my gesin! Dankie vir elkeen wat op ‘n boodskap vir my ingetree het by God. Ek is ewig dankbaar. Therefore, since we are justified (acquitted, declared righteous, and given a right standing with God) through faith, let us (grasp the fact that we) have (the peace of reconciliation to hold and to enjoy) peace with God through our Lord Jesus Christ (the Messiah, the Anointed One) – The apostle Paul, Romans 5:1

Covid Sleepover Night 5 and beyond

Content en dankbaar om my journey aftesluit moes ek nog ‘n rukkie bly om net seker te maak ek kan self asemhaal. Ek geniet ’n lekker drama, Jesus weet dit tog te goed. Ek slaap nog so ewe in my kamer en meteens kom hier masjiene in, dit lyk amper soos n Zombie Apocolypse… en ek dink heh? Wat nou? En Jesus sê net opnuut vir my “Let Me do this!”. My saal word nou ‘n ernstige medical ward en ek moet skuif. Ek gaan na ’n nuwe kamer toe, dank die Here sonder enige beeps of enige harde geluide so ek kan lekker slaap. Nuwe kamer en nuwe mense wat saam die journey stap. Ek eet droëwors en ons gesels saam oor Jesus. Ek het soveel geleer en die meeste van myself. Hoe ek in myself gehoorsaam moet wees en in my binnekamer die Here nader. Ek is vandag content en dankbaar. I am going home! Die porter stoot my by die hospitaal uit en die son skyn skerp. Wow, watse amazing gevoel is die. Ek soek vir Casper… Daar staan hy, my mooiste, liefste man. Ek het so na hom verlang. Hier volg die heel beste woorde…. “MAMMMMMMMAAAAAAAAA” Carleigh… Carmen…. My girls! Dankie Jesus dat ek LEWE! Net om my grounded te hou kry ek meteens ’n kramp in my been, Jesus se sin van humor. Ek gaan huistoe! Gesond! Dankbaar! Nederig op my kniëe, vir die res van my lewe. What a beautiful name it is, the name of Jesus Christ, My King!  

 

  • Hierdie getuienis is woord-vir-woord uit die pen van die skrywer en is nie geredigeer nie om die oorspronklike inhoud te behou. 

 

Related Articles

Back to top button