NewsNews

Gauteng: So moet jy maak vir reise na en van die lughawe, en vir mediese redes

Gauteng: So moet jy maak vir reise na en van die lughawe en vir mediese redes

Reise na en van die lughawe
Wanneer jy lughawe toe moet gaan omdat jy self moet reis, maak seker jy het ’n beëidigde verklaring en bewys van die vliegtuigkaartjie by jou.
Wanneer jy iemand wegvat of gaan haal by die lughawe, kry ’n beëidigde verklaring by die polisiestasie en hou die bewys van die vliegkaartjie by jou van die persoon wie jy op- of aflaai by die lughawe.
Reise vir vakansiedoeleindes
Om te reis deur die Gauteng-provinsie vir vakansie doeleindes sal jy ‘n  beedigde verklaring met ‘n afskrif van bewys van besprekings nodig hê.  Beedigde verklarings kan enige tyd by die SAPD afgelê word.
Reise vir Mediese redes
Om na en van Gauteng te reis vir mediese redes sal ‘n mediese brief van jou dokter voldoende wees .
Ingevolge die Rampbestuurswet is die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemagtig om  permitte uit te reik vir
1. Die bywoon van ‘n begrafnisse (vorm 4) of
2. Wanneer daar na of van Gauteng verhuis word (vorm 6)
Hierdie permitte word weeksdae van 08:00 tot 16:00 uitgereik by die SAPD.
Watter dokumente sal jy nodig hê vir die uitreik van hierdie permitte?
Begrafnisse – Doodsertifikaat en Afskrif van reisiger se ID boek.
Let daarop dat elke persoon wat reis ‘n permit moet kry.
Trek na / van Gauteng – Bewys van adres en ID boek.  Elke persoon moet in besit wees van ‘n permit.
Let asseblief daarop dat die polisie nie werkspermitte uitreik nie.
Werkspermitte moet deur die werkgewer uitgereik word
Vorms hiervoor is op die internet beskikbaar en nie by die SAPD nie.
Let asseblief daarop dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens geensins gemagtig is  om enige ander permitte uit te reik nie. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button