NewsNews

Só lyk Parys se syfers nou

Só lyk Parys se syfers nou

‘n Totaal van 90 nuwe positiewe Covid-19 gevalle is vandag, Maandag 5 Julie vir die hele Fezile Dabi-distrik aangemeld.

Hiervan was 17 gevalle in Parys. Sasolburg het 44 nuwe gevalle aangemeld, Kroonstad 10 en Heilbron 6.

Deneysville en Franfort het elke 5 nuwe gevalle aangemeld.

Koppies, Edenville en Viljoenskroon het egter geen nuwe gevalle gehad nie, terwyl Vredefort 2 nuwe gevalle gerapporteer het.

Sondag 4 Julie se syfers het egter beduidend slegter gelyk as vandag  met Parys wat toe 30 nuwe gevalle aangemeld het. Sasolburg het Sondag 80 nuwe gevalle gehad, Kroonstad 22 nuwe gevalle, en Deneysville en Franfort 10 nuwe gevalle elk.

Dit beteken dat Parys en Sasolburg steeds die meeste nuwe gevalle in die distrik aanmeld.  

 

   

Related Articles

Back to top button