NewsNews

Hoogste aantal nuwe gevalle die afgelope 3 dae

    Vir vandag 1 Julie het Parys nog 22 nuwe positiewe Covid-19 gevalle gehad. Dit teenoor die 8 nuwe gevalle op 30 Junie, en die 6 nuwe gevalle op 29 Junie. Vandag se syfer is dus die hoogste die afgelope drie dae. Die prentjie word ook weerspieël in van die ander Fezile Dabi-dorpe.   …

 

 

Vir vandag 1 Julie het Parys nog 22 nuwe positiewe Covid-19 gevalle gehad. Dit teenoor die 8 nuwe gevalle op 30 Junie, en die 6 nuwe gevalle op 29 Junie. Vandag se syfer is dus die hoogste die afgelope drie dae.

Die prentjie word ook weerspieël in van die ander Fezile Dabi-dorpe.

 

 

 

Sasolburg het vandag 107 nuwe positiewe gevalle gerapporteer, maar net 51 nuwe gevalle op 30 Junie, en 27 nuwe gevalle op 29 Junie.

Kroonstad se syfer bly relatief laag met 12 nuwe gevalle vir vandag, 11 op 30 Junie, en 14 op 29 Junie.

Sasolburg, Parys en Kroonstad is dan ook steeds die dorpe met die hoogste aantal nuwe gevalle in die Fezile Dabi-streek.

Koppies en Edenville het geen nuwe gevalle op 1 Julie, Vredefort 4 nuwe gevalle en Heilbron net 1.

Op 30 Junie het Heilbron 1 nuwe geval, Koppies 4 nuwe gevalle en Edenville geen nuwe gevalle gehad nie.

Die nuwe inentingskedule vir die streek sal na verwagting môre bekend wees.

Onthou dat mense 50 jaar en ouer van vandag 1 Julie kan begin registreer vir inenting.

So registreer jy

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button