News

Op die kruin van infeksies: Dit is wat statistieke wys van Parys

Op die kruin van infeksies: Dit is wat statistieke wys van Parys

    Dit wil voorkom asof die Covid-19 golf in Parys die laaste 4 weke relatief stabiel op die kruin is. Dit in vergelyking met die res van die Ngwathe Munisipaliteit waar die piek van die golf waarskynlik reeds begin Junie bereik is. Die moontlike impak van die Delta variant wat onlangs in Gauteng geidentifiseer is, is egter nog onduidelik uit die data. Dit is die mening van Karin Grobler van Parys, wat haar meestersgraad in bedryfswiskunde en informatika het.

 

 

Karin het dié grafiek van positiewe gevalle in Ngwathe saamgestel. Die grafiek toon ’n daaglikse grafiek vir Parys, en ‘n weeklikse grafiek vir die dorp in vergelyking met ander Ngwate dorpe. Omdat daar relatief lae volumes en patrone in die daaglikse data is byvoorbeeld vakansiedae, naweke ensovoorts, stel Karin voor dat die weeklikse grafiek gebruik word. Die weeklikse aantal positiewe Covid 19 gevalle vir Parys vir die week geeindig 27 Junie 2021 het op 74 gevalle geeindig. Die 3 weke wat die periode voorafgegaan het was die positiewe gevalle 87, 59 , en 75 onderskeidelik.    

Related Articles

Back to top button