NewsNews

Weg met die drank en toe met die skole

Weg met die drank en toe met die skole

     

Suid-Afrika beweeg vanaf Maandag 28 Junie na aangepaste regulasies vir vlak 4 van inperking vir minstens twee weke weens die skerp toename in Covid-19 gevalle in veral die Gauteng-proinsie. Polisiebeamptes en veiligheidspersoneel sal ook nou vanaf 5 Julie ge-ent word, terwyl mense tussen die ouderdom van 50 en 59 jaar van 1 Juie kan registreer vir inenting. Inenting vir dié groep begin op 15 Julie. Wat jy moet weet is:

  1. Alle byeenkomste of dit nou polities, sosiaal, kultureel of kerklik is word verbied.
  2. Slegs 50 mense of minder word by begrafnisse toegelaat maar geen nagwake nie.
  3. Die aandklokreël vervroeg en is geldig tussen 21:00 en 04:00 met net essensiële wat dan mag rondbeweeg. Nie-noodsaaklike onderneming moet reeds om 20:00 sluit.
  4. Alle drankverkope word vir twee weke verbied, dit sluit in by gelisensieerde drankhandelaars maar ook in restaurante van Maandag 28 Junie tot 11 Julie.
  5. Restaurante mag slegs wegneemetes  of etes vir aflewering verkoop.
  6. Jy sal nog strande en parke kan besoek – maar geen byeenkomste word toegelaat nie.
  7. Die winterskoolvakansie word vervoeg. Alle skole moet teen eerskomende Vrydag gesluit wees.
  8. Universiteite en ander tersiêre instellings sluit Woensdag 30 Junie, maar koshuise sal nog oopbly.
  9. Jy kan nie vir plesier na en van Gauteng reis nie. Reise vir werk en sakedoeleindes word wel nog toegelaat. 
  10. Besoeke aan ouetehuis word weer beperk.
  11. Mense is aangemoedig om waar moontlik van die huis af te werk. 

DIE DRA VAN ‘N MASKER BLY VERPLIGTEND. 

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button