NewsNews

Groot hartseer vir Voortrekkers

Groot hartseer vir Voortrekkers

 

Nico Tromp, hoofbeskermheer van die Voortrekkerbeweging, is vanoggend, Sondag 27 Junie, aan Covid-19 oorlede.

Dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkerbeweging het in sy boodskap aan die Voortrekkers gesê woorde ontbreek om sy hartseer te verwoord.

“Daar is baie wat mens oor oom Nico sou kon sê. Top sakeman in Namibië en SA. Langsdiendende hoofbestuursbeampte op die JSE. Entrepreneur met n reuse Afrika en internasionele netwerk. Kerkman. Volksman. Familiemens. Gesinsman. Oupa. Die eerste Voortrekker van Namibië wat n presidentsverkenner geword het. Die eerste Namibiër wat Hoofbeskermheer van Die Voortrekkers geword het.”

In sy huldeblyk skryf dr. Langner dat hy  bevoorreg was om oom Nico as mens en vriend te leer ken.” n Vriendskap wat oor ouderdom en landsgrense verdiep het.  Afrikaneradel in alle opsigte. Een van die nederigste mense wat ek ken met n praktiese lewenswysheid in die Bybel geanker.'”
“Toe ek in 2017 as Hoofleier ingehuldig is, het ek oom Nico spesiaal gevra om dit te doen. Ons het mekaar leer ken om n kampvuur in die droë bedding van die Kuisebrivier, op die rand van die Namib, onder Namibië se helder en asemrowende sterrehemel. Daarna het baie kampvure en kuiers gevolg. Die laaste was Desember toe ons gesin saam met oom Nico om n kampvuur in die Kuiseb, en daarna weer in Swakopmund gekuier het. Die laaste keer.”
“Ons bid vir tannie Denése, Rene, Gerard, Phillipus en hulle gesinne. Ons harte is regtig baie seer.”
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button