NewsNews

Minder gevalle in distrik, maar meer vir Parys

Só lyk die syfers nou

   

 

Hoewel die aantal positiewe gevalle in die Fezile Dabi-streek effens minder is as op Donderdag 24 Junie, het Parys se aantal positiewe gevalle verdubbel. Parys het op Vrydg 25 Junie 14 nuwe gevalle gehad teenoor die vorige dag se 7 nuwe gevalle.  

 Kroonstad se syfer het heelwat afgekom van 26 nuwe gevalle na 8 nuwe gevalle Vrydag. Sasolburg weer het Donderdag 61 nuwe gevalle gehad en Vrydag ook minder met 45 nuwe gevalle. Vredefort het 1 nuwe geval waar daar Donderdag geen nuwe gevalle was nie.

 

 

 

 

Edenville het vir die twee dae steeds geen nuwe gevalle gerapporteer nie. Heilbron het Donderdag 24 Junie 4 nuwe gevalle gehad enVrydag 25 Junie 3 nuwe gevalle.

Koppies het Vrydag 25 Junie geen nuwe gevalle gerappoteer nie, maar Donderdag 2 gevalle. Viljoenskroon se syfer was Donderdag op met 1 geval, maar geen nuwe gevalle Vrydag nie.

 

 

Related Articles

Back to top button