News

Gegrou…en so lyk dit nou

Gegrou...en so lyk dit nou

   

Vir weke aaneen is sakelui en motoriste op die h/v Dolf en Loopstraat ontwrig ná die kruising in Januarie gesluit is vir herstelwerk aan ‘n waterlek.

Daar is oopgegrou, ’n waterpyp en kragkabels beskadig, laat staan, weer gewerk en weer laat staan. En later is die sloot toegegooi.  

 

 

 

 

Nou, byna ses maande later, is dit hoe die kruising lyk met die sypaadjie heeltemal onbegaanbaar vir voetgangers, en dit reg voor Vengaland. As jy in gedagte hou dat een van die groot trekpleisters van die dorp juis die feit is dat jy hier nog sommer te voet kan dorp toe loop en jou sake gaan doen, is hierdie slordige herstelwerk deur die munisipaliteit alles behalwe aanvaarbaar. Bo en behalwe die veiligheidsrisiko wat dit vir voetgangers inhou, lyk dit slordig en groei daar nou selfs blomme in een van die gate wat net so gelos is. Dit is nie net hier waar dit so lyk nie. By die Impaksentrum in Waterstraat is die sementblokke op die sypaadjie ook net so gelos nadat daar lank terug vir weke probeer is om ‘n waterlek te herstel.    

 

Related Articles

Back to top button