NewsNews

Talentvolle Parysenaars hou SA naam hoog by internasionale monoloog-kompetisie

Talentvolle Parysenaars hou SA naam hoog by internasionale monoloog-kompetisie

   

 

Veertien talentvolle Parysenaars het Suid-Afrika se naam hoog gehou gedurende die week van 14-18 Junie. Die studente van Limitless Talent Drama Studio het aan die World Monologue Games, ‘n internasionale monoloog-kompetisie, deelgeneem. Leerders van regoor die wêreld, sowat 3 000 leerders vanuit 85 lande, neem aan dié kompetisie deel.

 

Hulle word deur professionele persone in die drama-bedryf, soos akteurs, dramaturge en agente beoordeel. Die leerders sal binne die volgende paar maande hul uitslae ontvang. Hulle staan onder meer die kans om deel van $5 000 se pryse te wen.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button