NewsNews

Maskers en wintervel – 7 wenke om jou gesig en lippe te beskerm

Maskers en wintervel – 7 wenke om jou gesig en lippe te beskerm

   

Winter is tradisioneel die seisoen wat die grootste tol op die neus en lippe eis – met droë lug, koue weer en verkoues en griep wat rooiheid en ontsteking veroorsaak. Die dra van ʼn masker vir lang tye kan die situasie vererger. Daar is ook gevind dat dit cheilitis (droë, gebarste lippe) by gesondheidswerkers veroorsaak.

Dermatoloog dr. Lauren Knight en mondhigiënis Dirna Grobbelaar gee kundige raad oor hoe om die vel te beskerm en barsies by die neus of lippe tydens die kouer maande van die jaar te voorkom.

* Kies die regte tipe masker. Ligte katoen of sy veroorsaak minder wrywing en sal die vel waarskynlik minder irriteer.

* Bly gehidreer. Verhoogde humiditeit onder die masker verhoog waterverlies, wat tot droë, gebarste lippe lei. En jy vind waarskynlik dat jy minder dikwels iets drink as jy ʼn masker op het. * Beskerm die lippe met ʼn middel wat die natuurlike vogtigheid van die lippe verseël. Wend dit gereeld aan.

* Moenie jou lippe lek nie. Soos die speeksel verdamp, verwyder dit die vogtigheid uit die lippe.

* Gebruik elke week ʼn afskilferaar om selvervanging te verhoog en dooie vel te verwyder sonder om die balans van die natuurlike olies te versteur. * Wend lipsalf oornag aan wanneer die liggaam op herstel en regenerasie fokus.

* Vermy mat lipstiffies wat gebarste lippe kan vererger. Volgens dr. Knight kan enige vogmiddel help om die vel te beskerm, en sy beveel een aan wat petroleumjellie, kasterolie, galam- of kakaobotter en vitamien E bevat. As jy dalk ʼn verkoue of griep kry, wees versigtig wanneer jy jou neus afvee.

“Gebruik baie sagte snesies wat Aloe vera, gousblomekstrak of vitamien E bevat, en nie kombuispapier of servette nie,” sê Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondhigiëne.

“Druk jou neus saggies droog eerder as om dit te vee of te vryf.” Grobbelaar gebruik Letibalm – die enigste salf in Suid-Afrika spesiaal geformuleer vir die lippe en neus – vir haar pasiënte en haar kinders.

 

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button