NewsNews

Dié dorpe het steeds die hoogste styging in nuwe gevalle

Dié dorpe het die hoogste styging in nuwe gevalle

   

 

Tussen 16 en 20 Junie, was daar steeds ‘n styging in die aantal positiewe Covid-19 gevallle in die Fezile Dabi-streek, maar is die aantal nuwe gevalle heelwat minder as wat in die tydperk 10 tot 14 Junie was. Die dorpe in die Fezile Dabi-streek wat egter steeds die meeste gevalle aanmeld is Sasolburg, Kroonstad en Parys. Parys het tussen 18 en 20 Junie alleen 20 nuwe gevalle aangemeld, Sasolburg 97 nuwe gevalle en Kroonstad 52 nuwe gevalle.

Teen Maandag is nog 5 nuwe gevalle in Parys aangemeld, 39 in Sasolburg en 13 in Kroonstad. Heilbron, Koppies en Vredefort het elk Maandag net 1 nuwe geval gehad, en Viljoenskroon 2 nuwe gevalle. Suid-Afrika het teen Maandag 21 Junie ‘n totaal van 13 155 nuwe infeksies gehad met ‘n totaal van 117 114 aktiewe gevalle. Van die totale aantal van 1 823 319 gevalle het 1 647 503 herstel en 58 702 mense gesterf. Nog net 3,56% van die bevolking is teen 20 Junie ge-ent wat ’n totaal van 2 141 624 mense is.

Moet asseblief steeds nie jou waaksaamheid verslap nie. Dra jou masker wanneer jy in die openbaar beweeg en was en saniteer gereeld jou hande. Hou sosiale afstand. Onthou jou gesondheid is jou verantwoordelikheid. Nou meer as ooit is dit nodig om mekaar in ag te neem, en te sorg dat jy regulasies gehoorsaam om die verspreiding van die virus te keer.

Wanneer jy gaan toets het vir Covid-19 moet jy nie rondbeweeg voordat jy die uitslag gekry het en seker is die uitslag is negatief nie Wanneer jy moet self isoleer moet jy tuis bly. Maak ook seker jou kinders bly tuis wanneer hulle gevra word om te isoleer. Ons is dit aan mekaar verskuldig om verantwoordelik op te tree.  

   

Related Articles

Back to top button