News

Steeds ‘n styging, maar effens minder

Die dorpe het meeste nuwe gevalle

Sedert 16 Junie tot Vrydag 19 Junie, was daar steeds ‘n styging in die aantal positiewe Covid-19 gevallle in die Fezile Dabi-streek, maar is die aantal nuwe gevalle tog minder as wat in die tydperk 10 tot 14 Junie gerapporteer is.

Die dorpe in die streek wat steeds die meeste gevalle aanmeld is Sasolburg, Kroonstad en Parys.

Sasolburg het tussen 16 en 19 Junie 73 nuwe gevalle gehad, met Kroonstad wat 27 nuwe gevalle gehad het, en Parys wat 29 nuwe gevalle gehad het. Heelwat minder gevalle word in kleiner dorpe aangemeld met net 6 nuwe gevalle in die tydperk in Viljoenskroon, 4 nuwe gevalle in Heilbron, 7 gevalle in Koppies en 1 nuwe geval in Vredefort.

Suid-Afrika het tans ‘n totaal van 11 767 nuwe infeksies.

Daar is steeds 104 437 aktiewe gevalle en 1 623 319 van die 1 786 079 mense wat herstel het.

Daar was landwyd 100 nuwe sterftes gewees (syfer soos op Vrydag 18 Junie) wat die totale sterftetal nou op 58 323 te staan bring. Die totale aantal inentings staan nou op 1 974 099.

Moet asseblief steeds nie jou waaksaamheid verslap nie. Dra jou masker wanneer jy in die openbaar beweeg en was en saniteer gereeld jou hande. Hou sosiale afstand. Onthou jou gesondheid is jou verantwoordelikheid. Nou meer as ooit is dit nodig om mekaar in ag te neem, en te sorg dat jy regulasies gehoorsaam om die verspreiding van die virus te keer.

Wanneer jy gaan toets het vir Covid-19 moet jy nie rondbeweeg voordat jy die uitslag gekry het en seker is die uitslag was negatief nie. Wanneer jy moet self isoleer moet jy tuis bly. Maak ook seker jou kinders bly tuis wanneer hulle gevra word om te isoleer.

Ons is dit aan mekaar verskuldig om verantwoordelik op te tree.    

Related Articles

Back to top button