News

Talentvolle Mizelle skitter by SA en Wêreld dans-kragmeting

Talentvolle Mizelle skitter by SA en Wêreld dans-kragmeting

 

  Mizelle Terre’Blanche se veelsydige talent op die dansvloer het vir ‘n hele rits uitsonderlike prestasies gesorg wat sy die afgelope tyd nie net in SA-kompetisies behaal het nie, maar ook teen van die wêreld se beste.

Dié graad 11-leerder verwerf ‘n tweede plek vir Jazz by die SA Dance Talent Virtuele kragmeting, en by die SA Dance School Championships Live, 90% Ultimate Gold vir Contemp, 87% High Gold vir Show Dance, en 86% High Gold in die ope-kategorie.

By die World Dance Challenge Live behaal Mizelle ‘n derde plek met 87% vir Contemp, en ‘n tweede plek met 89% vir Jazz. By die Dance World Cup Live kragmeting het Mizelle vir Contemp met ‘n tweede plek gespog met 85,8%, ‘n vierde plek vir Jazz met 88,9%, en ‘n vyfde plek vir Lyrical met 87,9%. Mizelle is deur Elrine Kotze bygestaan met die choreografie vir dié kompetisie-deelnames. Maar dit is nie hier waar Mizelle se uitsonderlike prestasies eindig nie.

 

 

Sy het ook in die Preliminary AIDT Moderne danseksamen ‘n onderskeiding met ‘n persentasie van 94% behaal, en haar Chechetti Advance 1 balleteksamen met 91% geslaag. Laasgenoemde twee prestasies is onder leiding van Jackie Campher behaal.

Mizelle is ‘n leerder van Hoërskool Ferdinand Postma en die dogter van Muller en Gisella Terre’Blanche van Parys.    

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button