NewsNews

Covid: Syfers styg steeds

Covid: Syfers styg steeds

     

 

Nadat die aantal positiewe Covid-19 gevalle in die meeste dorpe in die Fezile Dabi-distrik ‘n kleiner styging getoon het tussen 6-9 Junie in vergelyking met die skerp styging wat die vorige 12 dae gesien is, het syfers weer stelselmatig begin klim in die tydperk 9 tot 14 Junie. Parys het tussen 10 en 14 Junie 45 nuwe gevalle aangeteken, terwyl daar tussen 9 en 10 Junie 18 nuwe positiewe gevalle aangemeld is. Tussen 6 en 9 Junie het Parys egter net 7 nuwe gevalle aangemeld. Parys het laas tussen 3 en 6 Junie ook 45 nuwe gevalle gerapporteer. Die tendens word ook in van die ander dorpe in die Fezile Dabi-distrik gesien.

Sasolburg het tussen 10 en 14 Junie 135 nuwe positiewe gevalle gehad, terwyl daar tussen 9 en 10 Junie 51 nuwe gevalle was, teenoor die 38 gevalle wat tussen 6 en 9 Junie aangeteken is. Tussen 3 en 6 Junie is daar 87 nuwe gevalle in Sasolburg aangemeld.

Kroonstad het Maandag 14 Junie 55 nuwe gevalle gehad, en tussen 9 en 10 Junie 40 nuwe gevalle, waar daar tussen 6 en 9 Junie net 10 nuwe gevalle was. Tussen 3 en 6 Junie was daar egter 70 nuwe gevalle in Kroonstad. Viljoenskroon het teen Maandag net 6 nuwe gevalle gehad sedert die dorp se syfer tussen 9 en 10 Junie met 4 nuwe gevalle gestyg het.

Heilbron het tussen 10 en 14 Junie 10 nuwe gevalle gerapporteer, maar net 4 nuwe gevalle tussen 9 en 10 Junie, terwyl die syfer tussen 6 en 9 Junie onveranderd was, en tussen 3 en 6 Junie met 11 nuwe gevalle toegeneem het.

Koppies het teen Maandag nog 8 nuwe gevalle gehad en tussen 9 en 10 Junie 9 nuwe gevalle. Dit is ook heelwat minder as die styging van 18 nuwe gevalle tussen 3 en 6 Junie, maar is meer as die 3 gevalle wat van 6-9 Junie gerapporteer is. Edenville se syfer bly relatief konstant met 1 nuwe geval wat vir die tydperk 9-10 Junie gerapporteer is, en nog twee nuwe gevalle tussen 10 en 14 Junie.

Vredefort se syfer het egter heelwat geklim, met 11 nuwe gevalle wat tussen 10 en 14 Junie gerapporteer is. Dieselfde styging as wat daar op 9 en 10 Junie aangemeld is, terwyl daar net 2 nuwe gevalle (6-9 Junie) was, en 3 nuwe gevalle (3-6 Junie).

Die Vrystaat Provinsie het rondom Paasnaweek ‘n skielike styging in Covid-19 gevalle gehad, maar kenners het teen die naweek gesê dit lyk of die Vrystaat en Noord-Kaap dalk besig is om ‘n draaipunt te bereik. Moet egter nie jou waaksaamheid verslap nie.  

       

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button