Vir Vrystaters bly die see ‘n uitdaging. Veral as jy teen tyd in die water, op ‘n fiets se saal en in jou tekkies jou ding moet doen met die wind wat jou kragte selfs nog meer toets as die uitdagings van ’n Ysterman-roete. Drie Parysenaars, Anina de Villiers, Hendrik Scheepers en Lorette Preto- rius, kon na die naweek met breë glimlagte terugkom huis toe nadat hulle die 70.3 Ysterman-uitdaging in Durban met skitterende tye voltooi het. Anina, vir wie dit ook ‘n eerste was, het in ‘n tyd van 6:33:13 klaargemaak. Hendrik se tyd was 6:07:38, terwyl Lorette in ‘n tyd van 6:28:44 die uitdaging voltooi het.