News

Verstaan die fases van Covid-19

Verstaan die fases van Covid-19

Met die vlaag van Coronavirus gevalle wat ons gemeenskap tans beleef, is dit baie belangrik dat elkeen van ons die siekte reg verstaan. Dit is nie ‘n moeilike siekte om te behandel nie, mits die verskillende stadiums of fases van die siekte reg verstaan word, en reg hanteer word. Ons weet dat as jy die Coronavirus opgedoen het, jy die eerste vyf dae nie weet dat jy die virus het nie. Jy voel nog glad nie siek nie, en ongelukkig is dit wanneer die virus die maklikste oordra na ander mense. Die mees “aansteeklikste” tyd is dus die eerste vyf dae, wanneer die persoon onbewus is dat hulle dit opgedoen het. Fase een van die siekte is wanneer jy siek begin voel. Tipies voel dit soos griep. Simptome sluit in: lyfseer, hoofpyn, borskas/longe kan seer wees, koors en selfs naarheid en diarree. In hierdie eerste fase van die siekte is ons doelwit om soveel moontlik van die virus dood te kry. Dit is baie belangrik om nie enige kortisoon te neem in fase een nie, want dit sal net die virus help. Hoe meer jy die virus kan onderdruk in fase een – hoe kleiner is die kans dat jy na fase twee toe sal beweeg (waar die longe aangetas word).

Hoe onderdruk ons die virus?

Om die virus te onderdruk in fase een gebruik ons: * Ivermectin dubbel dosis (400 mcg per kg) daagliks

* Vitamiene C (‘n drip werk baie goed of Liposomale tipe)

* Bioflavanoide en Quercitin (hulle is vitamiene C se ko-faktore wat dit help om beter en meer effektief te werk)

* Sink aanvulling 50 mg per dag (verkieslik Sink Orotaat twee kapsules 3× per dag)

* Melatonin minimum 9 mg saans. Dit is interessant dat vlermuise wat die Coronavirus dra sonder om siek te word daarvan, geweldige hoë vlakke van melatonin het, omdat hulle in die donker leef.

* Verder kan jy ook nebuliseer met peroksied. Sit 3 ml 3% peroksied plus 3 ml water/saline in die gewone nebuliseerder en herhaal vier keer per dag.

* Tiemie essensiële olie onderdruk ook die virus. Drup twee druppels in ‘n leë kapsule en neem drie keer per dag.

Fase twee begin presies sewe dae na aanvang van die eerste simptome. Dit is die sogenaamde “sitokien storm” waar die virus eintlik reeds uitgewoed is, maar die immuunstelsel nou oorreageer en die longe aanval. Daar is drie goed wat lewensreddend kan wees:

1. Kortisoon: Prof. Paul Marik se groep in die VSA het gevind dat Medrol (Methyl prednisolone ) tot tien keer beter werk as ander soorte kortisoon in hierdie fase. Ek beveel 32 mg Medrol twee keer per dag aan, sodra longsimptome begin op dag sewe. (Kortasem, hoes, suurstof saturasie minder as 94 %).

2. Ivermectin is ook belangrik in die fase: neem tot 600 mcg per kg liggaamsgewig daagliks. Ivermectin is reeds deur 250 miljoen mense gebruik oor die afgelope 30 jaar en is baie veilig en ook baie voordelig in fase twee.

3. Bloedverdunning: Xarelto 10 mg pilletjie vir pasiënte wat tuis aansterk; alternatiewelik kan mens Clexane inspuitings gee. Bloedklonte is dikwels die oorsaak dat mense sterf en moet verhoed word. In mense wat nie gewone bloedverdunning kan gebruik nie, gee ek Calcium EDTA kapsules een twee maal per dag as alternatief. Ek wil graag almal aanmoedig om te kyk na die FLCCC alliance webtuiste waar daar in my opinie die beste inligting beskikbaar gestel word rakende effektiewe behandeling vir die virus. Prof. Marik is die hoof van Intensiewe Sorg van die Eastern Virginia Medical School. Hy is die tweede mees gepubliseerde Intensiewe Sorg spesialis ter wêreld en is ook deel van ‘n paneel van hoogs gekwalifiseerde dokters wat dit hulle roeping gemaak het om die siekte stop te sit.

As jy registreer op die webtuiste stuur hulle die nuutste opdaterings van hulle aanbevelings vir jou. Om saam te vat: Fase een vanaf die eerste simptome: Kry die virus dood en vermy eers kortisoon – dit help net die virus. Fase twee vanaf dag sewe na aanvang van simptome. Hier gaan kortisoon jou uit die hospitaal hou. Gebruik Medrol – by verre die beste keuse vanaf dag sewe, sodra longprobleme begin. Jy behoort baie gou beter te voel. Die Medrol moet stadig minder gemaak word oor twee weke om ‘n terugslag te voorkom. Bloedverdunning is ook belangrik in fase twee. Ivermectin bly belangrik in elke fase – die dosis verskil net.

Dit is baie belangrik om nie selfmedikasie te probeer gebruik as jy simptome ervaar nie. Jy moet so gou moontlik met jou geneesheer skakel wat die nodige kundigheid en ervaring het om die korrekte voorskrif vir jou te kan gee.

Onthou ook dat jy eers weer na die werksplek, skool of universiteit kan terugkeer tien dae na die eerste simptome, of sewe dae met ‘n negatiewe opvolg PCR-toets

.      

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button