News

Covid: Syfers weer op

Maar dalk tog 'n draaipunt vir die Vrystaat en Noord-Kaap

Nadat die aantal positiewe Covid-19 gevalle in die meeste dorpe in die Fezile Dabi-distrik ‘n kleiner styging getoon het tussen 6-9 Junie, in vergelyking met die styging wat die afgelope 12 dae gesien is, het syfers weer geklim tussen 9 en 10 Junie. Parys het tussen 9 en 10 Junie nog 18 positiewe gevalle aangemeld,

Tussen 6 en 9 Junie het Parys net 7 nuwe gevalle aangemeld. Tog is die styging steeds minder as die 45 nuwe gevalle in Parys wat tussen 3-6 Junie gerapporteer is.

Die tendens word ook in van die ander dorpe in die Fezile Dabi-distrik gesien.  

 

     

 

Sasolburg het tussen 9 en 10 Junie weer 51 nuwe gevalle gehad, teenoor die 38 gevalle wat tussen 6 en 9 Junie aangeteken is. Die syfer van 10 Junie is egter ook laer as die 87 nuwe gevalle wat daar tussen 3 en 6 Junie aangemeld is.

Kroonstad het tussen 9 en 10 Junie 40 nuwe gevalle gehad, waar daar tussen 6 en 9 Junie net 10 nuwe gevalle was, maar tussen 3 en 6 Junie 70 nuwe gevalle.

Viljoenskroon het tussen 9 en 10 Junie 4 nuwe gevalle gehad en styg die syfer in dié dorp min of meer met dieselfde kurwe. Heilbron het 4 nuwe gevalle aangemeld tussen 9 en 10 Junie, waar die syfer tussen 6 en 9 Junie onveranderd was, en tussen 3 en 6 Junie met 11 nuwe gevalle toegeneem het.

Koppies het 9 nuwe gevalle bygekry, ook heelwat minder as die styging van 18 nuwe gevalle tussen 3 en 6 Junie, maar is meer as die 3 gevalle wat van 6-9 Junie gerapporteer is. Edenville se syfer bly ook relatief konstant met 1 nuwe geval wat vir die tydperk 9/10 Junie gerapporteer is.

Vredefort se syfer het egter heelwat geklim met 11 nuwe gevalle (9/10 Junie), terwyl daar net 2 nuwe gevalle (6-9 Junie) was, en 3 nuwe gevalle (3-6  Junie). Die Vrystaat provinsie het rondom Paasnaweek ‘n skeiliek styging in Covid-19 gevalle gehad, maar dit wil tog volgens kenners lyk of die Vrystaat en Noord-Kaap dalk besig is om ‘n draaipunt te bereik. Moet egter nie jou waaksaamheid verslap nie.

Dra jou masker wanneer jy in die openbaar beweeg.

Was en saniteer jou hande gereeld. Hou jou sosiale afstand. Onthou ons gesondheid is elkeen van ons se eie verantwoordelikheid.

DIe nuwe inentingskedule vir die Ngwathe dorpe sal gepubliseer word sodra dit ontvang word.    

     

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button