News

Nóg twee ton se teer in slaggate

Nóg twee ton se teer in slaggate

AfriForum se Parys-tak woeker in die dorp.

Daar is gedurende Mei in totaal twee ton teer gebruik om slaggate op te vul in Caroblaan, Boom-, Noorder-, Grens-, Van Coller- en Van der Hovenstraat. Die tak het ook in samewerking met Parys#Selfdoen sy skoonmaakprojek in die begraafplaas voortgesit. Hierdie projek behels die skoonmaak van grafstene, die snoei van bome, die sny van gras, asook die optel en verwydering van rommel.

“Dit is lekker om te sien dat daar inwoners in Parys is wat bereid is om self te doen en dat verskillende organisasies hande vat om die dorp te verbeter. AfriForum vra dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie, ook betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ‘n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button