NewsNews

Het jy al turkoois getooi vir ons bejaardes?

Het jy al turkoois getooi vir ons bejaardes?

   

 

Tooi Turkoois is ‘n landwye veldtog vir die bewusmaking van bejaardesorg. Vanjaar word elke tehuis, apteek, restaurant, gastehuis, hardewarewinkel, of watter besigheid of instansie jy ook al by betrokke is, uitgedaag om die veldtog te ondersteun. Tooi jou winkel, restaurant, huis, kantoor of gastehuis met turkoois lappe of strikke vanaf 15 Mei tot 15 Junie. Jy kan ook ‘n strik, blom, lap, armbandjie, plakkaat en ballonne by AMOT (Tweedelaan 15, Parys), koop om jou ondersteuning te wys. Nog ‘n idee is om ‘n geskenkpakkie op te maak en daarin items soos koekies, lekkers en toiletware te plaas en dit dan by ‘n tehuis vir bejaardes af te lewer. So kan jy ook vir ‘n bejaarde jou omgee wys.

 

 

 

 

 

 

 

 

We Care, The Oak Tree Junction, Casa Cara Gastehuis, die Hervormde Kerk, La Grand Chateau, DV Glas, OCSA en Die Koffiekan, is van die ondernemings wat al hul steun gewys het. Gou maak – die tyd raak min. As jy meer inligting oor die veldtog wil hê, of wil hoor hoe jy andersins kan help, of by die projek betrokke kan raak, skakel 084 580 6104, 076 234 5525 of 078 070 5200.    

 

Related Articles

Back to top button