NewsNews

Daar word weer sterre gekyk op Deelfontein

Daar word weer sterre gekyk op Deelfontein

 

 

Komende Saterdagaand, 12 Junie om 18:00, is daar weer ´n astronomie-aanbieding by die sterrewag op Deelfontein in die hart van die Vredefort Koepel. Aspekte van planeet- en sterrebewegings en ander interessante inligting word tydens ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring. Die uitstappie word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. Kom voorbereid vir die koue, met warm klere, skoene, en `n mus. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za waar jy ook die koste van die uitstappie sal kry.      

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button