News

Vaksinering: Vooraf registreer gaan jou baie tyd spaar

Vaksinering: Vooraf registreer gaan jou baie tyd spaar

Daar sal nog geleenthede wees vir mense 60 jaar en ouer. Nuwe skedule behoort einde van die week beskikbaar te wees. 

 

 

Onthou vaksinering teen Covid-19 vir mense 60 jaar en ouer word vandag by die NG Moedergemeente perseel gedoen.

Jy moet onthou as jy vooraf kan registreer gaan dit vinniger by die vaksineringslokale.

In Ngwathe het daar teen Maandagmiddag nog slegs 32%  van mense 60 jaar en ouer geregistreer vir vaksinering

Vir die week is daar sover 2 000 mense in die hele Fezile Dabi-distrik gevaksineer teen Covid-19.

Die vaksine wat tans beskikbaar is en gegee word is Pfizer, wat beteken dat sou jy die vaksine ontvang het die week, jy die tweede dosis tussen 21 tot 42 dae na die eerste dosis moet ontvang.

Parysenaars wat Maandag 7 Junie die entstof ontvang het, sal hul tweede dosis op 19 Julie ontvang.

As jy nie hierdie week die inentingsgeleenthede kon bywoon nie, sal daar weer geleentheid in Parys wees. ‘n Nuwe skedule behoort weer teen Vrydag bekendgemaak te word met die nuwe datums.

Die departement van gesondheid bedank die publiek vir hul gduld en samewerking by die inentingspersele.

Onthou vaksinering van groot groepe mense neem tyd en dat daar net ‘n sekere aantal gesondheidswerkers is wat die vaksinering kan doen, omdat normale gesondheidsdienste steeds moet voortgaan.

Die personeel wat vaksinering doen moet ook opleding kry en geregistreer word.

Dit is daarom nodig dat mense begrip sal hê vir die oponthoude en ook die las op gesondheidswerkers in ag sal neem.

 

Hoe registreer jy vooraf vir vaksinering:

 

As jy nie vooraf kan registreer nie sal jy wel by die inentingspersele gehelp word. As jy nie ‘n bevestigings SMS met die datums en plek vir jou vaksinering ontvang het nadat jy geregistreer het, kan jy ook na die vaksineringspersele gaan. Jy sal gehelp word.

Probeer egter om vooraf te registreer en neem jou ID, mediese fonds kaart as jy aan ‘n fonds behoort en ‘n lys van jou medikasie wat jy tans gebruik saam wanneer jy gaan. Dit alles help om tyd te spaar wanneer jy gaan vir jou inenting.

 

Related Articles

Back to top button