News

Gevalle styging minder: Só lyk die syfers nou

Minder gevalle gerapporteer

Daar was die afgelope drie dae (6-9 Junie) ‘n  kleiner styging in positiewe Covid-19 gevalle in Parys vergeleke met die stygings wat die afgelope 10 dae gesien is.

Parys het 7 nuwe gevalle aangeteken vir die tydperk 6-9 Junie, terwyl daar in die tydperk 3-6 Junie 45 nuwe gevalle van Covid-19 in Parys was.

Tussen 2 en 3 Junie het Parys 22 nuwe gevalle gehad.

Dit beteken dat Parys dus van 2-9 Junie (8 dae)  altesaam 74 nuwe gevalle in totaal aangemeld het.

Heilbron se syfer het tussen 6 en 9 Junie onveranderd gebly waar 11 nuwe gevalle in die tydperk 3-6 junie aangeteken was.

Edenvile het 1 nuwe geval terwyl daar geen nuwe gevalle 3-6 Junie was nie. Koppies se syfer het nou met 3 gevalle gestyg. Vir die tydperk 3-6 Junie het die dorp 18 nuwe gevalle gehad.

Viljoenskroon het ook 4 nuwe gevalle waar daar tussen 3 en 6 Junie 3 nuwe gevalle was.

Vredefort het 2 nou nuwe gevalle terwyl daar in die vorige 3 dae 3 nuwe gevalle aangeteken is.

Kyk jy na Kroonstad se syfer is daar tien nuwe gevalle gewees tussen 6 en 9 Junie waar daar tussen 3 en 6 Junie 70 nuwe gevalle was.

Sasolburg het ook soos van die ander dorpe in die distrik minder gevalle aangeteken met 38 nuwe gevalle teenoor die 87 nuwe gevalle wat daar tussen 3 en 6 Junie was.

So lyk die syfers nou in die onderskeie dorpe binne die Fezile Dabi-distrik waarvan Ngwathe (Parys, Vredefort, Heilbron, Edenville en Koppies) deel is.  

    Die kaart wys die nuutste provinsiesyfer en is dit ook belangrik om na dié syfers te kyk om perspektief te hê. Let veral ook op die herstelsyfer teenoor die sterftesyfer.  

     

Related Articles

Back to top button