News

Haweloses se dwelmverslawing maak gewone huisvesting moeilik

Haweloses se dwelmverslawing maak gewone huisvesting moeilik

 

Van die hawelose mense wat langs die rivier in Vosloopark bly, sukkel glo met dwelmafhanklikheid en sal nie na ’n gewone skuiling vir armes kan gaan nie weens hul verslawing aan dwelmmiddels soos metamfetamien (“crystal meth”) en heroïen.

VEREENIGING. – Die organisasie Active Angels, wat bystand aan hawelose mense bied, het die naweek uitgereik na ‘n groep hawelose mense wat langs die rivier in Vosloopark bly. Dit volg nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit Vrydag strukture wat onwettig deur plakkers opgerig is begin afbreek het.

 

Magda Lourens, stigter van die organisasie, vertel dat sy Saterdag kos, koffie, melk, suiker en koekkies aan ’n groep hawelose mense gegee nadat hulle daarvoor gevra het. “Twee van die mans kan glad nie na ’n gewone skuiling gaan nie weens hul dwelmverslawing,” vertel Lourens.

 
 

Sy het aangebied om die mans na ’n rehabilitasiesentrum te neem.

Magda Lourens van Active Angerls praat met twee mans wat in Vosloopark plak. Foto: Christiaan Cloete

“Hulle was ook al voorheen in rehabilitasiesentrums, so hulle verstaan die proses,” vertel Lourens. Toe sy terugkeer na die plek waar sy die mans die eerste keer ontmoet het was hulle nie daar nie. Volgens Magda is ‘n hawelose vrou wat saam met twee mans in Vosloopark gebly het intussen na ’n skuiling in Randfontein. Haar man se mense bly in Leeuhof en hy het glo aangedui dat hy na hulle gaan. Die ander hawelose man se familie is glo in Port Elizabeth. “Ek het ook genoem dat as hy net R10 spaar van elke fix wat hy kon koop sou hy al lankal ‘n buskaartjie kon gekoop het,” vertel Magda.   Intussen wil dit voorkom of heelwat van die mense wat deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se bywet-eenheid Vrydag uit die park verwyder is binne ’n paar uur van die uitsetting net weer na hul oospronklike plakplekke teruggekeer het. Magda sê: “Dis ook aan my genoem, deur mense wat hulle baie goed ken, dat hulle steel en mense bedrieg. “Dit is die lewe wat hulle wil lei en en ek kan niks meer doen nie. Ek het my bes probeer.” “Ek is baie jammer maar Active Angels het als gedoen wat ons kon. Jy kan ’n donkie tot by die water vat, maar jy kan hom nie maak drink nie.” Magda het ‘n beroep om mense gedoen om nie blikkieskos of enige kos wat hulle kan verkoop aan die hawelose mense te gee nie. “Dis ongelukkig ’n realiteit dat dit vir hul volgende ‘fix’ verkoop sal word. “Al wat ek kan vra is dat julle die mense kos gee wanneer julle hulle op straat sien maar moenie vir hulle enige iets gee wat hulle kan verkoop nie, want hulle sal eerder honger gaan as om die kos te eet as hulle dit kan verkoop.” ”Magda vertel ook dat sy voorheel slaapsakke, klere, skoene en warm klere aan die haweloses gegee het maar dat niks van die oorgebly het nie. Lede van die organisasie Active Angels het die naweek hulp aangebied vir mense wat onwettig in Vosloopark plak. Foto: Christiaan Cloete   “Verslawing is net absoluut ‘n stryd wat hul moet veg as hulle wil gehelp word,” sê Magda. *Active Angels help hawelose en arm mense in die Vaaldriehoek. Hulle is tans op soek na warm klere, beddegoed en beddens vir arm mense. Skakel gerus vir Magda Lourens by 082 467 9484 as jy kan help.

 
 

     

 

Related Articles

Back to top button