NewsNews

Kommerwekkend: Só styg syfers in Parys

Só styg syfers in Parys

Covid-19 infeksies styg teen ‘n kommerwekkende tempo veral ook in Parys en Sasolburg. Parys het tussen 2 en 3 Junie 22 nuwe positiewe gevalle aangemeld, terwyl Sasolburg in dieselfde periode 28 nuwe gevalle aangemeld het.

Heilbron het slegs 6 nuwe gevalle tussen die twee dae aangemeld, Koppies en Edenville geen nuwe gevalle, en Vredefort vir die twee dae (2-3 Junie) 8 nuwe positiewe gevalle.      

 

Hierdie is uitdagende tye waarin elkeen van ons self verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid moet neem.  Asseblief dra jou masker as jy in die openbaar beweeg. Beweeg eerder in goed geventileerde plekke.  Handhaaf sosiale afstand te alle tye as jy in die openbaar beweeg en was en saniteer jou hande gereeld.    

 

     

 

   

Related Articles

Back to top button