CommunityNews

Kreatiewe vreugde vir sentrum se inwoners

Kreatiewe vreugde vir sentrum se inwoners

 

 

PARYS. – Die vreugde om vir iemand iets te beteken het twee Parysenaars, Angelique Kleynhans en Chané Grimbeek, onlangs die gom en kwaste laat nadertrek.
Dié twee is die afgelope weke al besig om elke Donderdag met kunsklasse uit te reik na inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys.
Die trotse glimlagte van die inwoners wanneer elkeen sy joernaal kom wys, spreek boekdele. Terapie vorm ‘n integrale deel van die versorging by die sentrum en jy kan help met legkaarte geskik vir kinders, gom, skêre, interessante en oulike kunsplakkers, koekmeel of selfs kouse en pantoffels vir die koue wintermaande. Dit alles kan ‘n verskil vir die sentrum se inwoners maak. Laai dit af by die sentrum in Boomstraat, of kontak Chané by 060 655 3017 sodat dit opgelaai kan word.
Jy kan hulle ook kontak as jy betrokke wil raak by hierdie projek, of as vrywilliger iewers ‘n verskil wil maak vir iemand deur net van jou tyd te gee. Op die foto is Chané saam met een van die inwoners waar hulle ’n paar weke gelede geleerhet om biddende hande te maak vir hul joernaal.

 

Related Articles

Back to top button