NewsNews

‘Interim bevel staan,’ sê VRDA oor beurtkrag

Munisipale rotasie beurtkrag moet onmiddellik gestaak word. Só sê die Vaal River Development Association (VRDA) se opdraggewende prokureur, mnr. Lou van Wyk, na aanleiding van munisipale rotasie beurtkrag wat Woensdagaand 2 Junie skielik weer vir die eerste keer na die winter van 2020, in die dorp toegepas is. Die beurtkrag is direk na die dorp …

Munisipale rotasie beurtkrag moet onmiddellik gestaak word.

Só sê die Vaal River Development Association (VRDA) se opdraggewende prokureur, mnr. Lou van Wyk, na aanleiding van munisipale rotasie beurtkrag wat Woensdagaand 2 Junie skielik weer vir die eerste keer na die winter van 2020, in die dorp toegepas is. Die beurtkrag is direk na die dorp se tydgleuf vir landwye Eskom fase 2 beurtkrag geïmplimenteer omdat die verbruikslading op die kragnetwerk té hoog was.

Verbruikers is die afgelope twee weke herhaaldelik rondom 19:00 saans deur die munisipaltiteit gewaarsku dat Eskom aandui dat 90% van die maksimum ooreengekome elektrisiteitsvoorsiening reeds bereik is, en dat mense nie-noodsaaklike elektriese toerusting moet afskakel om te verseker dat die ligte aanbly.

Maar sê die VRDA – die vroeëre interim hofbevel van regter Anthony Millar in die hofstryd tussen die VRDA, namens die Parys Ontwikkelingsforum, Parys Gemeenskapsaksie en die Lekwa Belastingbetalersvereniging, teen Eskom as eerste respondent en Ngwathe as tweede respondent, staan steeds tot die appelsaak aangehoor is, waarskynlik in September/Oktober vanjaar. Die interim bevel het Eskom verbied om verdere kragvermindering in Parys en Vredefort toe te pas, en die kragreus aangesê om die transformator te herstel in sy substasie in Parys.

Luidens die aanmaning wat VRDA aan Eskom en Ngwathe wil rig, beteken dit dat die interim bevel wat bepaal het dat rotasie munisipale beurtkrag nie toegepas mag word in Parys en Vredefort nie, dus nog van toepassing is desondanks die munisipaliteit se NMD van 21mVa wat nog nie deur Eskom verhoog is nie. Met albei Eskom se transformators in sy substasie wat nou ten volle in werking is, het die dorp ’n geïnstalleerde vermoë van 40mVa. Parys se winter kragverbruik 24mVA wat meer is as die bestaande ooreengekome lewering deur Eskom aan die munispaliteit.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button