News

Inenting vir hulle bo 60: Nog nie SMS gekry – lees hier

Inenting vir hulle bo 60: Nog nie SMS gekry - lees hier

     

 

Gazette het die afgelope twee weke heelwat navrae gekry oor mense 60 jaar en ouer, wie  nie in tehuise vir bejaardes of sorgsentrums is nie, en reeds geregistreer het vir Covid-19 inentings, maar nog geen SMS ontvang het van waar en wanneer hulle die vaksine sal ontvang nie. Die departement van gesondheid se Fezile Dabi distrikskantoor het weer die versekering gegee dat mense nie bekommerd moet wees nie. Mense wie geregistreer het sal weldra ‘n SMS ontvang met die nodige detail waar hulle die vaksine sal ontvang. Bevestiging van lokale waar vaksinering van mense wat nie in sorgsentrums is nie, gedoen sal word, word tans bevestig, en sodra daar finaliteit is sal die skedule met datums en plekke waar gevaksineer word binne die Ngwathe grense, bekendgemaak word.

Jy kan nog as jy 60 jaar en ouer is registreer vir vaksinering teen Covid-19. Dit is gratis en vrywillig. 

Jy kan wel sou jy die fondse hê of jou mediese fonds voorsiening maak vir betaling daarvan, navraag doen waar jy moontlik privaat die entstof kan ontvang soos by groothandel apteke in jou omgewing.

Daar is wel van hierdie apteke wat reeds mense 60 jaar en ouer vaksineer. 

Vaksinering is reeds by verskeie tehuise vir bejaardes in Parys gegee waaronder Najaarsrus, inwoners van Goue Jare, Epilepsie SA inwoners 60 jaar en ouer en die Sonskyn Tehuis vir Bejaardes. Amot en Sally Martin Park se inwoners kom vandeesweek aan die beurt met ook bejaardes van die Tumahole en Schonkenville Luncheon Clubs waarvoor reëlings getref is om by die punte vaksinering te kan ontvang.

Op 8 Junie is die vaksinering span ook by Serendipity en Villa Riviera in Parys waar slegs inwoners van dié oord en tehuis wie geregistreer het, vaksinering sal ontvang.  Onthou dat lede van die publiek nie na tehuise vir bejaardes kan gaan om te vaksineer wanneer die span daar is nie.

As jy nie ‘n inwoner van ‘n tehuis of sorgsentrum is nie, sal jy wel die SMS ontvang sodra die ander vaksineringstasies gereed is,  met besonderhede van waar en hoe laat jy daar moet wees.   

Nog net gesondheidswerkers en hul personee,l en mense 60 jaar en ouer kon registreer vir inenting. 

 

Hoe registreer jy:

     

Related Articles

Back to top button