NewsNews

Ai tannie Elsa – dis seer, so naby, so vinnig

Huldeblyk aan Elsa Blignaut

Liewe tannie Elsa Dit voel soos gister wat jy nog saam met ons aan die etenstafel gesit het. Jy was uitasem gesoek na die plek. Ons bederffie vir jou op ‘n Sondagmiddag. En nou…so skiellik is jy weg. Vir altyd. Ons het nie eens kans gehad om te groet nie. Nooit weer sal ons van daar bo-op die galery kan afkyk en jou daar op jou plekkie in die kerk sien sit nie. Nooit weer gaan jy net sommer inval om te kom hallo sê nie. Mense is nog so onverskillig.

So in totale ontkenning van ‘n realiteit Maar dis eers as dit hier naby jou kom, by jou voordeur, hulle vir wie jy lief was, dat jy verstaan. Dat jy iets verstaan van ‘n wrede pandemie wat die asem uit jou borskas wurg, Wat in enkele dae jou hart uit jou ruk – ongenooid sy plek in jou vriendekring of jou familie kom inneem. Dit vat aan jou. Dit het jou gevat, Vanoggend, sommer so skiellik binne dae wat jy daar in die hospitaal gaan lê het.

Ons groet jou tannie Elsa Blignaut.

 

Jy wat vir by die 17 jaar Parysenaar was. Jou groot hart, so groot soos jou glimlag daar in die kerkkantoor van die NG gemeente Parys-Oos waar jy soveel jare was. Elke afkondigingsblaadjie wat jy altyd so presies wou hê. Alles altyd so netjies. Ja, daar was nie ‘n kas wat tannie nie sou regpak nie. Elke ding op sy plek.

Maar die Here het tannie vanoggend op die 1ste Junie kom haal.

Rus sag tannie Elsa – Parys se mense sal jou mis.

 

 

Related Articles

Back to top button