NewsNews

Só gaan dit werk met inenting

Só gaan dit werk met inenting

     

 

Inenting teen Covid-19 van mense 60 jaar en ouer, het Dinsdagmiddag by die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes begin, waar nagenoeg 100 inwoners van Najaarsrus, Goue Jare en Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum met die Pfizer-entstof ingeënt is. Hul tweede dosis entstof sal oor 21 dae toegedien word. Die span van Parys-hospitaal en klinieke in die dorp het ook Woensdag die entstof toegedien aan mense wat geregistreer het by die Sonskyn Aftreeoord, Luncheon en Ratanangmaqheku. Donderdag, 27 Mei sou die span by Huis Emily Hobhouse en die Ratabatho Luncheon in Koppies wees, en Vrydag, 28 Mei by Huis Bron van Heil in Heilbron, sowel as Phirta Luncheon, ook in Heilbron.  

Een van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum inwoners, Gavin Kichenbrand, ontvang hier die Pfizer-entstof.

 

 

 

 

 

‘Die foto’s is Dinsdag by Najaarsrus geneem. ‘n Pluimpie aan ons bejaardes wat geduldig hul beurt afgewag het en gesondheidspersoneel wat ten spyte van baie moeilike en uitdagende omstandighede hulle uitstekende van hul taak gekwyt het. So ook ons tehuis-bestuur wat te alle tye die bejaardes se belange op die hart dra en deurentyd seker gemaak het dat elkeen gemaklik was. 

     

 

Sally Martin Park en die Tumahole Luncheon Club kom op 3 Junie aan die beurt, en op 4 Junie besoek die span Amot en die Schonkenville Luncheon. Tot op datum het 31 524 mense in die Vrystaat die entstof ontvang, waarvan 4162 mense in die Fezile Dabi-distrik is waarvan Parys deel is. Daar het ook nou reeds 5 302 mense in Ngwathe geregistreer om ge-ent te word, waarvan 1978 mense in Parys. Die afgelope 8 dae alleen tot en met vandag, 27 Mei, is 52 nuwe positiewe gevalle van Covid-19 in Parys aangemeld. Die inentinglokale en skedule vir die distrik vir mense 60 jaar en ouer  wat nie in tehuise vir bejaardes of sorgsentrums is nie, sal na verwagting more bekend gemaak word. Deur vooraf te registreer vir inenting spaar baie tyd. Onthou inenting is vrywillig en gratis. Jy moet vir inenting registreer. Sodra jy vir inenting geregistreer het, sal jy ‘n SMS ontvang met die datum, tyd en plek waar die vaksinering toegedien sal word. Jy kan aanlyn registreer by https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ of registreer via WhatsApp deur die woord REGISTER te WhatsApp na 012 3456, of skakel *134*832*ID nommer# en volg die instruksies.  

 

   

Related Articles

Back to top button