NewsNews

Lê bejaardes jou ook na aan die hart – tooi turkoois en wys jou steun

Is jou onderneming al in turkoois getooi

   

 

Tooi Turkoois is ‘n landwye veldtog vir die bewusmaking van bejaardesorg. Vanjaar word elke tehuis, apteek, restaurant, gastehuis, hardewarewinkel, of watter besigheid of instansie jy ookal by betrokke is, uitgedaag om die veldtog te ondersteun. Tooi jou winkel, restaurant, huis, kantoor of gastehuis met turkoois lappe of strikke tot 15 Junie. Jy kan ook ‘n strik, blom, lap, armbandjie, plakkaat en ballonne by AMOT (Tweedelaan 15, Parys), koop om jou ondersteuning te wys. Nog ‘n idee is om ‘n geskenkpakkie op te maak en daarin items soos koekies, lekkers en toiletware te plaas en dit dan by ‘n tehuis vir bejaardes af te lewer. So kan jy ook vir ‘n bejaarde jou omgee wys.  

 

    L e Grand Chateau Hotel, Casa Cara Guest House, DV Glas, OCSA, Die Koffiekan en die Hervormde Kerk het alreeds turkoois getooi om hul ondersteuning te wys. Kom ons kyk of al ons apteke, begrafnisondernemers, Sakeliga  en ander besighede ook turkoois kan tooi om omgee vir ons bejaardes te wys.      

Related Articles

Back to top button