News

Weldoener op ongelukstoneel gesoek

Weldoener op ongelukstoneel gesoek

 

Die familie van Herman Johnson is op soek na die vrou wat op Vrydag 21 Mei net na 06:00 hulp verleen het op ‘n ongelukstoneel net buite Schonkenville op die Parys/Koppies-pad.

Met die ongeluk is Herman, wat ’n baie bekende gesig in Parys is met sy fiets en selfgeboude waentjie waarmee hy sy grassnyers vervoer het, raakgery deur ’n motoris wat volgens die familie nie op die ongelukstoneel gestop het nie.

Die dame wat na die ongeluk by Herman op die toneel gestop het om hulp te verleen, het dadelik die nooddienste ontbied en die familie geweldig baie ondersteun. In die chaos op die toneel het hulle egter nie kans gehad om haar naam te vra, of haar behoorlik te bedank nie.  

Herman se fiets, waentjie en grassnyer is in die ongeluk afgeskryf.

Herman Johnson wie Vrydag raakgery is net buite Schonkenville, waar hy met sy fiets  op die Parys/Koppies-pad gery het.

Sy waentjie wat hy agter sy fiets gesleep het, is ook afgeskryf.   

Die familie sal graag self wil dankie sê en vra dat die dame hulle by 072 180 6374 sal skakel. Hoewel Herman nie ernstig beseer is nie, is sy fiets, die waentjie afgeskryf, en grassnyer afgeskryf. Herman het vir jare sy eie grassnydiens en het mense hom gereeld op sy fiets in Parys se strate gesien op pad na sy kliënte.      

Related Articles

Back to top button